Seestrome 2015: Verandering in die Kerk . . . Die Kerk se fondament moet vasstaan

Seestrome 2015: Verandering in die Kerk . . . Die Kerk se fondament moet vasstaan

NG Kerk Gansbaai

“Geen mens stap twee keer in dieselfde rivier in nie,”  het die Griekse filosoof, Heraclitus, 2 500 jaar gelede gesê. “Alles vloei.”  En as daar nou een ding in die wêreld is wat vasstaan, dan is dit die feit van verandering.  Alles is voortdurend aan die beweeg.   

In ons leeftyd het ons geweldige veranderinge beleef - polities van die ou Sappe na die Natte, toe die ANC - en wie weet wat vorentoe gaan gebeur.  En dink maar aan die verandering in die tegnologie – van outydse telefone en optelmasjiene tot moderne klein selfoon-wonderwerke en superrekenaars.  Waar ons nog plate gespeel en na Jim Reeves geluister het, is daar nou CD’s en popsangers met groen en pienk hare. Alles verander. Sekerlik is verandering nie altyd ten goede nie, maar die feit is dat  dinge verander, en soms baie vinnig ook.

As ons praat van die Christelike godsdiens, dan is daar natuurlik ook verandering.  Ons dra nie meer pakke en hoede kerk toe nie.  Ons lê baie meer klem op die belangrikheid van ’n persoonlike verhouding met die lewende God as toe ek ’n kind was. Die dominees preek (hopelik) in meer verstaanbare taal. Ons gebruik projektors. Die kerk is oop vir alle mense. Dit is goeie dinge, vooruitgang, wanneer mense nie meer vasgevang is in soms sinlose tradisies nie.  

Die vraag wat egter gevra moet word, is: Hoe ver mag of moet verandering in die kerk gaan? Want as ons praat van die Christendom, is daar tog sekere dinge wat nie mag of durf verander nie. Die Bybel praat op meer as een plek van die kerk as ’n gebou. ’n Gebou het ’n fondament en aan daardie fondament mag nie gepeuter word nie. Die fondament bepaal in watter mate die gebou verander kan word. 

Hier by die see word huise dikwels op pilare as fondament gebou. En God se gebou staan op vyf pilare. Ons ken dit almal, maar kom ons noem dit tog kortliks:

 

1.  Uit God se genade alleen word die sondaar gered.

2.  Ons ontvang God se genade deur die geloof alleen.

3.  Christus alleen is ons Verlosser.

4.  Ons kennis van God en ons leiding vir ons daaglikse lewe vind ons in die Woord van God alleen.

5.  Ons leef as Christen tot eer van God alleen.

Sekerlik kan ’n gebou se voorkoms verander word. Dit kan ’n nuwe kleur geverf word, nuwe meubels en matte en vensters en ligte kan ingesit word. Maar wanneer daar met die fondament gepeuter word - dan kom daar krake, dan kom daar ernstige probleme. 

Ongelukkig leef ons in ’n tyd waarin “verandering” as noodsaaklik gesien word - soveel so dat enigiets wat vasstaan, bevraagteken word. Een van die aartsvyand, die duiwel, se strategieë on-der die dekmantel van “verandering”, is dan ook om die Christendom se fondament te ondergrawe. En ongelukkig is hy baie suksesvol. Die “genade alleen” word vervang met “genade en verdienste”;  “geloof alleen” word vervang met “geloof en my eie pogings”;  Christus alleen word vervang met “Christus en al die ander gode.” En ons sien die aanslae op die Woord van God, die gesag van die Bybel, wat al hoe meer in die gedrang kom. Die “Woord alleen” word alte maklik “die Woord en menslike begeertes.” Of net so gevaarlik:  “Die Woord - sonder sekere Skrifgedeeltes.”  Oor die lewe “tot eer van God alleen” kan ons maar net gaan kyk op TV en lees in die koerante wat aan die gang is in die sogenaamde “Christelike” Suid-Afrika. Daarom waarsku Petrus is sy brief:  Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.  (1 Pet. 5:8) 

Liewe medegelowiges, daar kom ’n tyd wanneer ons as gelowiges saam met Martin Luther moet uitroep: "Hier staan ek; ek kan nie anders nie - mag God my help!”  Verandering is nodig, ja! Maar dan moet die verandering ten doel hê om gelowiges te help om nader aan God te leef.  Verandering mag nooit maar net wees ter wille van andersheid nie, of om mense gelukkig te maak nie.  Dit gaan oor God wat geëer moet word - nie oor die mens wat gepaai moet word nie!   

Kom ons onthou in die komende vakansieseisoen: Die boodskap van Kersfees is “Christus alleen!” Dit is ’n “terugwaartse” ver-andering wat vandag in die kerk nodig is.

Mag u almal ’n geseënde Christus-fees beleef. 

 

Seestrome 2015: Verandering in die Kerk . . . Die Kerk se fondament moet vasstaan

Ds. Hennie Basson

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai