Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
As daar nou een ding is wat vasstaan, is dit dat die tyd aanstap. Ons word almal ouer. En dit verg op sy eie geweldige aanpassings tot op die punt dat baie van ons sekerhede waaraan ons gewoond geraak het, ook uitgedaag word. Watter troos om te weet dat, ten spyte van alles, ook die aanpassings wat gemaak moet word as gevolg van die ouderdom, ons nog seker kan wees van die liefde van God wat daar is deur Jesus Christus ons Here, tot ook die einde van ons lewe. In hierdie verband wil ek graag wys op hoe Paulus, as hy terugkyk op sy lewe, geskryf het na aanleiding van 2 Timoteus 4:6-7: “Wat my betref, ek word alreeds as drankoffer uitgegiet. Die tyd van my dood is voor die deur. Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig enduit volgehou.” Laat ons dan ook ‘n oomblik lank daarna kyk. Nou kan daarop gelet word dat Paulus wanneer hy skryf dat hy end-uit volgehou het, wil sê dat hy enduit die geloof behou het. Dit is asof Paulus hier praat van iets wat hy met hom saamgedra het gedurende sy lewe en dat hy dit nie verloor het nie, maar behou het. Dit kan so geparafraseer word: Ek het die geloof tot op hierdie oomblik behou en sal dit bly behou. Daaroor is hy ongelooflik dankbaar. Tot sy verwondering het hy steeds bly glo. ‘n Mens moet hierdie dankbaarheid verstaan. Paulus het ‘n moeilike lewe gehad. As daar nou een persoon was wat ongelooflike aanpassings tydens sy lewe moes maak, dan was dit nou hy. En ons moet onthou hy was nie ‘n supermens of ‘n supergelowige nie. As mens oor Paulus se lewe lees, dan kom jy agter hy het ook maar, soos ons, met baie dinge geworstel. Ons kan regtig met hom vereenselwig. Dink maar net aan die vervolging waarna hy verwys in 2 Kor. 11. Hy sê byvoorbeeld in vers 23: "Ek het harder gewerk; ek was meer in die tronk; ek is meer dikwels geslaan;
|
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.