Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Donderdagoggend 12 November 2015 het ‘n groep van die hulpwerkers in die kleinsaaltjie bymekaargekom om die jaar op gesellige wyse af te sluit. Ds. Willie Kotze het daarop gewys dat God se menslikheid aan die wêreld verskyn het; daarom is ons mense. Ons gemeente kan nie sonder hulpwerkers en omgeepersone klaarkom nie. Hulle werk is van onskatbare waarde. Hulle verrig nie net diens as insamelaars van dankoffers met tuisbesoeke nie, maar dien ook op verskeie diensgroepe. Hulle gee om vir lidmate in sy of haar wyk, hulle is die “oë en ore” van die leraars en kerkraad. Tannie Bets van der Merwe is die oudste hulpwerker. Sy is al 90 jaar en nog steeds aktief betrokke. Sy beoog wel om eersdaag af te skaal op haar hulpwerkertake. Dankie, Tannie Bets, vir al die jare se getroue diens! Hannes Cilliers het namens die Bediening Finansies en die gemeente sy dank en waardering aan die werkers oorgedra. Ilse Klopper, leierdiaken, het ook haar dank uitgespreek. Soos gebruiklik is gesellig gekuier met ‘n koppie tee/koffie en ‘n eetdingetjie. |
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.