Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
“Verwelkom verandering as jou vriend . . . Moet nooit ophou om nuwe dinge te leer nie; moet nooit die kans om te groei, verspeel nie – dit is die sleutel tot ‘n fassinerende lewe.” Hierdie wyse woorde van Alexander P. Seversky (1874 – 1974) is werklik van toepassing op die vrouediens van die NG Kerk, Gansbaai. Ons streef daarna om nuwe dinge te toets, soos bv. temas en sprekers vir ons funksies en ons doen moeite om groei - veral op geestelike gebied – te stimuleer.
In die eerste plek dank ons ons Hemelse Vader vir sy groot genade en oorvloedige seën op al ons aktiwiteite in die afge-lope jaar. Verskeie baie geslaagde funksies/geleenthede is in 2015 aangebied. Daar was die algemene byeenkoms op 24 Februarie met die baie aktuele tema: “Ouer word is nie vir sissies nie.” Hierdie gesellige funksie is deur Franskraalstreek aangebied. Dan was daar ons Vrouesondag op 10 Mei, waartydens elke vrou ‘n baie oulike boekmerkie ontvang het. Die gemeente-ete op 19 Julie (deur Kleinbaai-streek aangebied) was ‘n fees met heerlike kos en lekker vet porsies! Die afsluitingsfunksie op 27 Oktober (deur die De Keldersstreek aangebied) was eweneens ‘n fees met heerlike vrugteslaai en roomys en Piet Schoombie as besielende gasspreker.
Die kersie op die spreekwoordelike koek vanjaar was egter ons Vrouedag op 8 Augustus! Randall Wicomb was ons gas, en was dit nie net ‘n wonderlike oggend propvol inspirasie, intense genot, deernis en diepe verryking nie! Al die streke het saam hierdie funksie aangebied, en die 3-gang-maaltyd was werklik “uit die boeke”! En met hierdie funksie het die GROOT VERANDERING in die vrouediens se bedrywighede plaasgevind! Ons het die mans uitgenooi na ‘n vroueoggend
. . . en hulle het dit wel terdeë geniet! Ons het net positiewe terugvoering gekry. Dus, in die toekoms maak ons weer so: Of die manne dit nou wil weet of nie: Ons gaan hul weer na ons Vroueoggend uitnooi! Baie dankie ook aan ons manne wat ons ondersteun en bystaan. Die vrouediens was voorts ook betrokke by heelwat ander aktiwiteite, soos die teebediening na afloop van die Pinksterbidure, asook die teedrinkgeleentheid met dr. Bobo van Zyl se afskeid, ens.
Die vrouediens het egter ook sy eie finansiële verpligtinge: Daar is die jaarlikse sinodale aanslag, asook jaarlikse geldelike toekennings aan verdienstelike sake, soos bv. die assesserings-, alimentasie- en opvoedingsfondse, Gansbaai-Maatskaplike Dienste, die Laerskool Okkie Smuts, Huis E by die Robertson-kinderhuis, en talle ander instansies. Ons enigste bronne van “inkomste” is die “wins” wat ons met die gemeente-ete, die Vroueoggend en ons 5 pannekoekbeurte by die Vrydagmark maak. Gelukkig is daar darem ook donasies en kollektes by ons algemene vergadering en die afsluitingsfunksie.
Al ons vroue word opnuut uitgenooi om aktief by die vroue-diens betrokke te raak! Ons het julle hulp so bitter nodig . . . Daar is talle projekte waarby ons ons gewig kan ingooi, soos bv. Laerskool Okkie Smuts (Tans is daar 20 behoeftige kinders van Gansbaai in die koshuis.), Huis E van die Robertson-kinderhuis, om nie eens te praat van ons uitreik-aksies nie: Transkei en die Makhathini-vlakte waar groot nood heers, en plaaslike sending (kerkdienste op plase in die omgewing, ‘n Kersete vir Silwerjare, ens.)
Leo Tolstoi het gesê: “Almal droom daarvan om die wêreld te verander. Min sal droom dat dit by hulleself moet begin.” Die vrouediens het dan ook hierdie DROOM en STREWE: As elke vrou (jonk en oud) net self begin en betrokke raak – in hoe ‘n geringe mate ook al - KAN en SAL ons vroue ‘n groot VERSKIL en VERANDERING in ons gemeenskap teweeg kan bring.
Die vrouediensbestuur wens almal ‘n baie geseënde Christus-fees en ‘n pragtige 2016 toe!
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.