Seestrome 2015: Jeugbediening het hul verbind om met passie ons jeug geestelik te lei

Seestrome 2015: Jeugbediening het hul verbind om met passie ons jeug geestelik te lei

NG Kerk Gansbaai

Terugblik en dankies.

Aan die einde van 2015 kan ons maar net weer eens met dankbaarheid terugkyk op die werk-saamhede van ons gemeente se Jeug-diening: Baie dank, lof en eer moet ons bring aan ons Hemelse Kindervriend vir al sy liefde en genade reg deur die jaar. Tonne dankies en erkenning ook aan ons leraars, kategete, kommis-sie-voorsitter, kinderleidsters, onder-wysers, ouers en spesiaal aan ons kinders vir elkeen se deelname en bydraes gedurende die jaar.

Jeugaktiwiteite: In ‘n neutedop:  Die Boodskap van God is verkondig by ons gesinsdienste, en kategese-klasse. In ons kontak met die kinders van klein tot by die sogenaamde “moeilike tieners”, wil ons graag getuig dat daar pragtige jongmense in ons gemeente is en dat daar hope verskuilde potensiaal op vele terreine lê. Daar word darem nie net onderrig gegee nie - die jaar is afgeskop met ‘n vrugte-fees. Hierdie jaar het die jeug hul eerste Basaar (wat alle verwagtinge oortref het) en hul eerste Kerssangdiens aangebied.

 

Kommer in ons harte! Ja, daar is kommer in ons harte oor ons jongmense. Daar word so dikwels algemene uitsprake oor “die jeug van vandag” gemaak. Die bediening: jeug wil egter eerder versigtig en met  verantwoordelikheid die vraag vra: “Lê die oorwig van probleme nie by die ‘ouers van van-dag’  nie?” Ons is werklik bekommerd oor ‘n groot persentasie van ons gemeente se ouers se betrokkenheid by hulle kinders. Die doop- en verbondsbelofte aan God met betrekking tot die opvoeding en onderrig van ons kinders in die die Christelike lewenswandel, kom in baie gesinne nie tot uitvoer nie. Ons sien dit bv Sondag na Sondag na die afwesigheid van die groot getal verbondsgesinne in ons eredienste en die by-woning van die kategese. Is dit nie tyd dat ons ouers ernstig bekommerd raak oor die geestelike welsyn van ons kinders as daarop gelet word dat slegs 30% van ons kinders eredienste bywoon en slegs ongeveer 60% die kategeseklasse nie?!

Kers-en nuwejaarswense: Die bediening: jeug wens alle gesinne en al ons kinders ‘n baie Geseënde Kersfees en vakansietyd en ‘n voorspoedige 2016 toe.

Vraag & Antwoord: Graad 11 Kategese:  Ouderling Hennie Prinsloo het met die jongmense van graad 11, die vraag  bespreek :

Julle is van die laaste katkisante wat destyds nog dienste in die kerkgebou en nou gesinsdienste in die Pretoriussaal kon bywoon. Hoe belewe julle die verandering?

Na hul gesprek is konsensus bereik dat almal die skuif as positief beleef. Die “losser” gemoedelike atmosfeer pas lekker in by die kinders en jonger ouers se geaardhede.

Daar is tog ‘n gemis by die kinders wat soms wel  ‘n meer formele diens in die kerkgebou sal wil bywoon. Die banke, kerkorrel en preekstoel dra by tot so ‘n meer gewyde atmos-feer. Dit hinder hul ook dat bywoning in die saal soms maar swak is en dat die samesang in sulke gevalle maar sukkel.

Daar word voorgestel dat een of twee gesinsdienste per kwartaal in die kerkgebou gehou word.

 

Seestrome 2015: Jeugbediening het hul verbind om met passie ons jeug geestelik te lei

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai