Seestrome 2015: Seënwense

Seestrome 2015: Seënwense

NG Kerk Gansbaai

Seënwense aan ons leraars en hul families

Aan ons leraars, ook al die 2015 aflosleraars en hul geliefdes, wil die NGK- en VGK kerkraadslede, namens die gemeentes, ‘n geseënde Christusfees en voorspoedige nuwe jaar toebid. Ontvang ook ons dank vir julle pastorale sorg en geestelike leierskap deur die afgelope jaar. Dankie dat julle menigmaal onder moelike omstandighede en emosioneel-uitmergelende tye, altyd met sagte oë en Jesusliefde ons ondersteun en geeste-lik gelei het!. God seën u.

Seënwense van VGK

Die kerkraad van die VGK wens almal graag ’n geseënde Kersfees en voorspoed en geluk toe vir 2016.  Maar die meeste van alles bid ons ons Here se vrede, liefde, genade, seën en groei as Christengelowiges vir elkeen in ons gemeentes toe.

Gebed: Nuwe Jaar…

Here, Almagtige, oneindige Skepper, Voleinder, ‘n jaar is vir U net ‘n oogwink,  maar vir ons is dit 365 dae lank, ‘n lang pad.

Here, vir ons is elke jaar volgepak met goed en kwaad. U is Here van elke uur en dag en jaar. Maar ons is gevange slawe van die vervlietende tyd. Here, en tog bring elke jaar ons nader aan U. Mense word jaar vir jaar ouer, maar u kinders word jonger. ‘n Jaar lê agter ons, vir altyd verby. Plek-plek loop die pad pylreguit deur die vlakte, ander kere met kronkel-paaie oor die steiltes, vol slaggate, pap wiele, verpaste treine, verspeelde geleenthede.

Here, oor die geleenthede wat onbenut verbygegaan het, sou ek wanhopig kon raak, as dit nie was dat U vergewe nie.

Here, elke dag is u genade nuut,  sedert Noag se reënboog, en is u goedheid nuut, sedert Jesus Christus . . .

Here, as U die hare op my kop getel het,

het U sekerlik ook my dae getel, die minute en sekondes daarvan -  alles hou U in die palm van u hand. Here, ek dank U vir gesondheid in die jaar wat verby is. Ek bid vir gesondheid in die een wat voorlê, vir genoeg kos vir elke dag. Maar veral bid ek om ‘n  honger na u Woord, na U self . . . Dit sal weer ‘n jaar wees vol van U genade!  AMEN  Bron: Groot Gebedeboek.(‘n Gebed uit Ghana).

 

Text Box: Seënwense van VGK Die kerkraad van die VGK wens almal graag ’n geseënde Kersfees en voorspoed en geluk toe vir 2016.  Maar die meeste van alles bid ons ons Here se vrede, liefde, genade, seën en groei as Christengelowiges vir elkeen in ons gemeentes toe.

 

Seestrome 2015: Seënwense

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai