Seestrome 2015: Dankie vir die mense-engele op ons lewenspad

Seestrome 2015: Dankie vir die mense-engele op ons lewenspad

NG Kerk Gansbaai

Hier is n paar mooi aanhalings wat ek van Fransil Kotze, maatskaplike werker vir KANSA, hospice in Hermanus (ds. Willie se vrou), gekry het.
“Die realiteit is nie dat ons vergeet, aanbe-weeg en afsluiting kry nie, maar eerder dat ons ons gestorwe kinders op ‘n ander manier in ons lewens vereer, onthou en inkorporeer. Om die waarheid te sê, om die herinneringe aan hulle in ons kop en hart lewendig te hou, is ‘n belangrike deel van die helende reis.”
- Harriet Schiff- (The Bereaved Parent)


“Niemand het my ooit vertel dat smart so baie soos vrees voel nie.”  - C.S. Lewis


“Smart is nie ‘n gebrek, 'n siekte of 'n teken van swakheid nie. Dit is 'n emosionele, fisieke en spirituele noodsaaklikheid, die prys wat jy vir liefde betaal.  Die enigste kuur vir smart is om te rou”   - Earl Grollman

 
“Om te rou, is n reis waarop ons leer om die persoon wat nie meer met ons is nie op 'n

ander manier lief te hê. Om diegene wat dood is doelbewus te onthou, is die sleutel wat n mens se hart oopsluit, wat toelaat dat ons hulle op nuwe maniere liefkry.”

- Tom Attig ( The Heart of Grief)

NOTA: Vergun my asb. om van die geleentheid gebruik te maak om vir Fransil en almal verbonde aan die hospice te bedank. Ook dankie aan almal in ons gemeente - gebedsgroepe, leraars tuisversorgers, omgeepersone, familie, vriende dokters en verpleegpersoneel – wat die engele is wat God gebruik om ons te help.  Hulle wat saam met ons wat self kanker het of fisiek die lydens-pad saam met terminal siek geliefdes moet stap, onderskraag. Soos dit ook met my seun, Colin, die geval was. Ons kan net diep uit ons harte baie, baie dankie sê . . .

Elke woord, gebed, besoek was volgens God se tyd op dieregte tyd! - Maureen Voigt.

 

Seestrome 2015: Dankie vir die mense-engele op ons lewenspad

Maureen Voigt

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai