Seestrome 2015: Sending en uitreik . . . siele vir Gods koninkryk

Seestrome 2015: Sending en uitreik . . . siele vir Gods koninkryk

NG Kerk Gansbaai

Die bediening : sending en uitreik met Johan en Elcine Hulme (foto hier bo) en lidmate wat betrokke is by sendingwerk, was die afgelope jaar weer met hart en siel besig met die take wat die Here op hul harte gelê het.

Elcine vertel: Ons kan net die Here dank dat alle veranderinge wat in die uitreikaksie plaasgevind het, ter uitbreiding van God se koninkryk is.

MAKHATHINI: Gansbaai- gemeente is vanaf 2000 voltyds betrokke by Makhathini  en die eerste kerkie is op Hlanganani gedurende 2002 gebou en kerkbankies is voorsien. Bonginkosi, die sendeling wat ook deur ons gemeente geldelik ondersteun word, het begin met ‘n boomkerkie. Later het hy sy eie “kerkie” gebou en Gansbaai-gemeente het in 2009 ‘n kerkie in sy wyk in Kwandaba gebou. Hy het begin met 1 wyk en bedien tans Gods Woord in 3 wyke. Gansbaai-gemeente het in 2011 ook ‘n kerkie in sy wyk by Bhek’ Abantu gaan bou. Tans is die uitreikaksie besig om geld in te samel sodat hulle hom kan help met die bou van ‘n kerkie in sy derde wyk by Mbangweni. Die skenking van ‘n bakkie aan Bonginkosi het gehelp dat hy meer mense kan bereik en nie meer nodig gehad het om met ‘n fiets te ry nie. Hy is ook betrokke by ‘n wyk in Mosambiek wat hy twee keer per jaar besoek.

Lindiwe, Bonginkosi se vrou, het ‘n kleuterskool begin met 12 kinders en tans is daar 97 kinders in haar kleuterskool. Die vrouediens betaal vir haar opleiding en sy het nog ‘n jaar om haar kwalifikasie te voltooi, Sy sê dat sy die kinders “Zulu, Engels en van God leer.”

UITREIK : PLAAS-BEDIENING : Die plaasbediening het begin deur op verskillende plase kerk te hou. Tans word daar elke tweede Sondag ‘n diens in Baardskeerdersbos se gemeenskapsaal gehou. Die Pinksterdienste word ook daar gehou. Daar word ook Nagmaaldienste gehou. Die lidmate het groot waardering en voel dat die Here hulle seën. Hulle het ook op 10 Oktober ‘n basaar gehou en op 6 Desember hou hulle hul eie Kerssangdiens.

RUSLAND: Ons gemeente is ook betrokke by sendeling Ernst Toerien in Rusland. Daar word jaarliks ‘n deurkollekte vir hom gehou. Hy was eers net betrokke by die kinderbediening en het nou sy eie gemeente. Uit Rusland skryf Ernst en sy vrou  gereeld per epos aan dr. Dawie en Alethea Pansegrouw.  In hul laaste skrywe sê hulle dankie vir die gemeente se ondersteu-
ning, liefde, gebede asook finanansiële bydraes. Hy vertel voorts dat sy vrou, Betsie, en dogtertjie, Nadja, tans in Suid-Afrika  kuier.

TRANSKEI: Gansbaai-gemeente is ook steeds betrokke by ds. Christo Wooding in Transkei deur finansiële bydraes. Met ‘n besoek, in Augustus vanjaar, deur Johan en ander lidmate, was hulle aangenaam verras om te sien dat ‘n kerkie wat in 1996 by Waterloo gebou is en restourasie nodig gehad het, self deur gemeentelede van Waterloo op eie inisiatief gerestoureer is. Ds.Wooding het ‘n baie groot gebied wat hy bedien.

SILWERJARE-TEHUIS: Deur die jare word daar uitgereik na Silwerjare-tehuis in Blompark.  Die 5de November is daar ‘n Kersete aangebied deur die uitreikkomitee en geskenkies is oorhandig. Daar word ook vermaak vir hulle gereël. Van die kommentaar wat na die funksie ontvang is: “Fantasties! Iets wat van die Here af kom.” en: “Ons geniet dit tussen ou mense, het self oud geword. 

Ek geniet die samesyn.” ; “Baie goeie ervaring en ek waardeer die vertoning van die kinders. Dit beur die gees op en ek voel sommer weer lus om die lewe aan te pak” en “Baie dankie dat jul ons nie vergeet nie en vir so ‘n mooi dag nooi.”

MAKHATHINI: Die Gansbaai- lidmate het ook ds. Louwrens en sy vrou in Augustus besoek. Ds. Louwrens van der Westhuizen wat tans in Manguzi woonagtig is, wil ons gemeente gedurende Pinkster kom besoek en help met die aanbied van die Pinksterdienste. Ds. Louwrens is die VGK-   predikant wat deur Wes-kaap-sinode afgevaardig is om leraar in Makhathini te wees.

Ons wil graag afsluit met Matteus 9: 37 & 38. Jesus sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.”

Indien enigiemand belangstel om by die uitreikaksie aan te sluit kan u vir Johan Hulme by 082 881 1347 skakel of kontak die kerkkantoor.

‘n Geseënde Christusfees en voorspoedige 2016. Mag u die vrede wat alle verstand te bowe gaan, gedurende hierdie Kersseisoen ervaar.

 

Seestrome 2015: Sending en uitreik . . . siele vir Gods koninkryk

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai