Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Mense is gewoonlik verstom oor die meelewing, aanbieding en harde werk van lidmate t.o.v. die basaars, markte en ander fondsinsamelings deur die NG en VG gemeentes en Herberg-aan-See tehuis. Sonder hierdie fondse kan noodsaaklike en hulpbehoewende bedieningsaksies en lidmate in nood nie gehelp word nie. Ons Here sëen telkens hierdie pogings. Hierdie jaar is ekstra hard gewerk, want die ekonomie en insinking van die finansiële marke het dankoffers as inkomstebron laat krimp en die begroting moes op dié wyse aangevul word. Hoor net wat het waar gebeur: Baardskeerdersbos se basaar op 7 Maart, Pearly Beach, 4 April, Gansbaai-basaar, Pretoriussaal, 2 Mei, VGK Blompark, 30 Mei, Gemeente-ete 19 Julie, Jeugbasaar van ons kinders (dit was ’n 1ste)op 4 September, Herberg-aan-See se basaar,25 September, en dan ook elke Vrydagoggend die gewilde Markdag en die Kersmark wat 10 Desember begin! Die genotvolle saamkuier by hierdie geleent-hede is altyd opmerklik en die fees-atmosfeer is ‘n groot lekkerte.
|
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.