Seestrome 2015: Diens van barmhartigheid . . . Geseënd is die wat barmhartig is

Seestrome 2015: Diens van barmhartigheid . . . Geseënd is die wat barmhartig is

NG Kerk Gansbaai

Ons is eersdaags weer binne-in die Kersfeesgewoel. Laat ons eers tot stilstand kom en in die gees van Kersfees ons dank-baarheid teenoor ons Hemelse Vader betoon.

Die jaar 2015 het hoë eise gestel en die diens van barmhartig-heid kon in vele opsigte voorsien. Ons is dankbaar dat ons Hemelse Vader hier in Gansbaai in menseharte werk om sy barmhartigheidswerk op aarde moontlik te maak.

Ons wil dan ook graag aan elkeen – hoe klein of groot jou bydrae ook al was - dankie sê. Die Here tel nie hoeveelhede nie, maar sien die goeie hart van die gewer altyd raak.

Baie dankie vir:

* Die pot(te) sop wat jy help kook het vir die Maatskaplike dienste se vrieskas.

* Al die bydraes vir ons kospakkies.

* Die klere wat jy gebring/geskenk het vir die klerebank en/of die ou en oortollige klere wat voorsien is.   

* Al die pannekoek wat jy vir fondse help bak, gerol of help verkoop het .

* Al die sente wat jy so getrou in jou Huppel-en-Kruppel-blik-kie gooi en tot dié fonds, waarmee ons skoolgaande kinders in nood bystaan en ons bejaardes se geld help rek, bydra.

* Al die etes wat jy help kook het en/of help aflewer het.

* Daar is soveel meer wat ons in hierdie artikel kan opnoem!! Ons hoor van soveel eietydse Samaritane wat nooit ’n dankie verwag nie en instrumente in God se Hand is deur hul onbaat-sugtige barmhartigheidswerk! 

* Baie, baie dankie aan almal wat ons nuwe projekte soos, die nood ontstaan, gereeld ondersteun!

* Aan jou wat die barmhartigheidsbediening gedurig in jou ge-bede aan die Here opdra, sê ons dankie en vra: Moet nooit op-hou om vir ons bediening voorbidding te doen nie! Bid dat ons Hemelse Vader wat gewillige harte en hande en voete vir hier-die werk gee, nog vele harte sal aanraak om aan te sluit by hier-die bediening se koninkrykswerk.

*  Die visie (droom) van die bediening: barmhartigheid en die diensgroepe is om in 2016 veel meer te kan doen. En om so-doende vir ons Hemelse Vader ook dankie te sê vir sy oor-vloedige genade en milde gawes aan ons, want wat wat ek het en is, is net genade, ontvang van Hom! 

Ons leuse: Matt 5:7 “Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.” 

- Francia van Dyk, sameroeper.

Wat is barmhartigheid?

 Wanneer die Kersvieringe verby is en die jaar na sy einde spoed, kom daar gevoelens van weemoed en onrus in ons harte op, Maar ook daarvoor het die genadig God ‘n op-lossing. Tereg sê die psalmis: “Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring.” (Psalm 94:19). Barmhartigheid is ’n woord wat die wêreld nie reg verstaan nie. Daarom het God dit met Kersfees kom demonstreer. Barmhartigheid is om jouself prys te gee, om jouself nie af te sluit in ’n wêreld van jou eie belange nie.

Dit het God gedoen toe Hy, ter wille van ons sondaarmense, Homself in Jesus Christus kom gee het.

 

 

Barmhartigheid is ook ‘n eis aan Jesus Christus se dissipels. Hy self het gesê: “Geseënd is die wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.” (Matt. 6:7). Christus het die reg om dit van ons te eis, want Hy is die beeld van die Vader wat van ewigheid tot ewigheid liefde, vrede en lankmoedigheid oor ons uitstort. Hy vergeld ons nie na ons oortredinge nie, maar wis dit uit deur die Christuskind.

Laat daarom jou onrustige hart by God tot rus kom. Hy is die groot Barmhartige en die Prins van Vrede. Soos die engele oor die velde van Betlehem kan ons vir Hom ‘n lof- en danklied sing.

 (Skrywer onbekend)

 

 

 

 

 

Seestrome 2015: Diens van barmhartigheid . . . Geseënd is die wat barmhartig is

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai