Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Skriflesing: Handelinge 16:15-35
Ek wil julle vandag herinner aan die woorde in v 15 en 33: Sy en haar huisgesin is toe gedoop . . . Hy en al sy mense is daar en dan gedoop. Ons het hier gelees van hoe Paulus die evangelie aan Lidia, die purperverkoopster, gebring het en dat sy tot bekering gekom het en toe gedoop is. Dit word pragtig beskryf. Maar dan word bygevoeg: “. . . sy en haar huisgesin” Ons lees ook van die tronkbewaarder in Filippi dat hy tot bekering gekom het en gedoop is, maar dan word bygevoeg: hy en sy mense is daar en dan gedoop.
Hoekom kon hy wat Paulus is dit doen? Is dit omdat hulle as ‘n ware vooruit geweet het wat nog in die toekoms met die ander van die huis sou gebeur dat hulle ook gedoop is? Met ander woorde dat hulle ook nog in die toekoms tot bekering sou kom. Nee, sê iemand so mooi: dit is omdat hulle God geken het en geweet het hoe die Here werk. En dit beteken dat hulle geweet het dat die Here werk nie met mense individualisties nie, dit ook natuurlik, dink maar aan die bekering waarvan die Bybel vertel, maar ook in die natuurlike verbande byvoorbeeld so ook met die familie, die gesin. God tree in ‘n verhouding met ‘n mens soos ‘n pa en trek daarmee sy hele gesin in. In hierdie verband moet ons nie die belangrikheid van die familie solidariteit in die antieke wêreld, veral in die geestelike wêreld van die Ou Testament verstaan. Vir mense soos ons met ons individualistiese benadering is dit iets moeilik om te begryp. Destyds was dit so dat die familie met die pa as die verteenwoordiger baie sterker as ‘n eenheid ervaar is. Alle belangrike besluite is deur die pa geneem en sy besluite was bindend vir almal. Veral met betrekking tot God was die familie as die eenheid gesien. Dit was dus normaal in die antieke wêreld om die geloof van die pa as bindend vir sy hele huis te sien. In die verband moet die besluit van die tronkbewaarder gesien word, en Paulus voeg sommer Lidia by. Dit staan vas dat die ganse huis op een of ander wyse deur hulle besluit by die heil betrek word. Bekende vertalings lui dan ook so: Believe in the Lord Jesus, they said, and you will be saved – you and your family. ..Believe in the Lord Jesus and you will be saved and your entire household . Paulus se antwoord op die vraag van die tronkbewaarder wat hy moet doen om gered te word, is eintlik soos iemand gesê het, totaal onverwags. Maar dat Paulus eintlik as prediker op die sendingveld daarvan bewus was dat God die God van die verbond is. Paulus is daarvan bewus dat die Here nou lyne gaan trek tot in die verre geslagte. Dit is hoekom hy so kan praat . . . en so kan optree.
Dit is juis teen hierdie agtergrond, teen die agtergrond van die Here wat in ‘n verhouding met die pa tree, dat die hele huisgesin ingetrek word in die heil, dat verstaan moet word hoekom dit so is dat die kerk kinders kan doop. Die kerk doop nie kinders omdat hulle kinders is nie, maar doop hulle omdat hulle die kinders is van gelowige ouers en dat hulle in die verbondslyn van die geslagte gebore is en grootword binne die sfeer van die geloof en dat sy beloftes ook vir hulle is. Die volgende gedeeltes is in aansluiting by hierdie gedeelte baie veelseggend.
Die feit dat die kindjie op daardie oomblik as hy gedoop word nog nie verstaan, nog nie weet wat met hom gebeur nie, is geen argument om die doop van die kind terug te hou nie, want dit verander niks aan die feit dat God reeds sy genade aan die kind toegesê het nie. Al kan hy op daardie oomblik van sy doop nog nie bewus glo in Christus nie, God het tog belowe om aan hom die Heilige Gees te gee wat die geloof in hom sal werk. Die formulier waarna ons vanoggend kon luister is altyd so aangrypend.....Al verstaan die kinders nog nie die doop nie, verander dit niks aan die geldigheid daarvan nie. Trouens dit beklemtoon die feit dat dit God is wat uit vrye genade ook in hulle geval die inisiatief neem in hulle verlossing. Sien dit is die punt: die Here neem die inisiatief . . . Die Here gee die belofte eerste.
Natuurlik beteken dit nou nie dat hulle vanselfsprekend gered is nie. Nee, natuurlik nie. Ons kan dit vergelyk met 'n pragtige beeld, die van ‘n tjek. Die doop is eintlik soos ‘n tjek. ‘n Tjek is ‘n belofte dat daar êrens geld beskikbaar is. Dit is nie self geld nie soos die doop nie self redding is nie. Maar dit is ‘n belofte, ‘n definitiewe vaste belofte van die Here dat Hy ook vir ons kinders ‘n Vader wil wees en wil dat hulle sal opgroei as sy kinders, binne sy verbond. En dat hulle self ook uiteindelik dit vir hulleself sal toeëien. Daarom gaan die doop ook met allerlei vermanings gepaard dat die ouers hulle kinders wat gedoop is, sal grootmaak tot Sy eer.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.