Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Johannes 21
Ons is in Paastyd. Paastyd is vreugdetyd. Die opgestane Here is ons Here. Paastyd is tog ook soms ‘n ongemaklike tyd. Ons word uitgenooi om teen ons persepsies in te leef. Die boodskap is dat die dood, bose en sonde oorwin is in die opgewekte Here, tog ervaar ons al die dinge daagliks in ons eie lewe en orals waar ons kyk.
Miskien moet ons nie eerstens vaskyk in eie lewe, ervaring en wêreld nie, maar vra wie die Lewende Here is, die Christus wat opgewek is uit die dood?
Die leesrooster teks vir derde sondag in paastyd is Johannes 21. Elke evangelie het sy eie narratief en prente van die ontmoetings na die leë graf.
Die evangelie van Johannes weet ons lyk anders en voel anders as die ander drie evangelies. Dit begin nie by die geboorte nie, maar by die Woord wat vlees geword het en God vir ons kom oopbreek het. Die evangelie is ‘n oproep tot geloof. Die hoorders het ‘n tyd van vervolging beleef deur die Sinagoge en Romeinse Ryk. Hulle moes groot keuses maak en ‘n keuse vir Jesus het baie implikasies gehad.
Binne die gemeenskap, baie naby aan 90 nC, is daar ook gedurig ‘n behoefte gewees om te reflekteer oor wie Jesus is, wat die betekenis van sy lewe, dood en opstanding is. Beide Grieke en Jode het nie altyd geweet wat om met Jesus te maak nie. Die Jode het vasgehou dat daar net een God is en die Grieke het geglo God is ver en apaties.
Daarom is die hele evangelie ‘n spel tussen God en Jesus. Nie spekulatiewe hoë filosofiese redenasies om te verduidelik dat Jesus God is nie, maar ons leer Jesus ken in dialoog (Sy Ek-is uitsprake) en optrede en die gedurige refrein: as jul my sien het julle die Vader gesien.
God is Jesus, Jesus is God. En dan soos die hoorders die spel hoor en meer God sien werk in Jesus of Jesus identifiseer met God hoe meer doen Jesus dinge wat hulle nie as baie “goddelik” beskou nie. “Disrupt” hy hulle Godsverstaan. Hy huil by sy vriend se graf; Hy was sy dissipels se voete. Nie baie “goddelike” dade nie…
Johannes 21 beeld een van momente van ontmoeting uit nadat die graf leeggevind is. Jesus het reeds aan Maria Magdalena en Thomas en die dissiples verskyn.
Ons kry die dissipels op die water. Hulle het weer gaan visvang. Die situasie was onseker so hulle gaan terug na die normale/bekende, nl visvang.
Wie is die opgestane Here? Die vertelling vang mens onkant. Evangelie wat begin met sulke hoë heerlikheidstaal (in die begin was die Woord!) eindig in so ‘n doodgewone moment. Hy is die man wat besorg is of hul visgevang het en dan vir hulle uitkoms gee.
As hulle Hom erken is Hy die een wat “koolvuur” voorberei het en hulle ontbyt gereed het. Vis en brood. Wat hulle nooi om te kom eet en binne die alledaagse verhoudings herstel.
Verhaal het kontinuїteit met Jesus voor die kruis: oorvloed wyn by Kana, die voed van die skares met brood, die dienende was van hulle voete. Die heerlikheid na die opstanding word uitgeleef in gewone ontmoeting.
Die Here van die skepping maak vir hulle ontbyt. Tog is dit ‘n gelaaide moment. Skrywer fokus op koolvuur, want hfst 18 ook daar wat Petrus Hom verloën het. Maar hier ‘n nuwe begin.
Een kommentaar skryf: “little cookout on beach too ordinary to take seriously…” Wat maak ons met die moment?
Wie is opgestane Here? Ons dink miskien altyd aan triomftaal in opstanding. Die Here wat nou heers oor magte in hemel en aarde. Die een wat die bose verslaan. Koning van die wêreld. Maar triomf en mag het baie gedaantes. Hierdie is een gedaante: om versoenend teenwoordig te wees.
Hier begin die nuwe lewe by die basiese. Christus het hulle opgesoek. Hy het hulle nood gesien. Aan hulle vangs verseker en saam met hulle geëet. Hy was teenwoordig, al was hulle nie heeltemal seker wat om met die teenwoordigheid te maak nie. Tog lei dit tot vergiffenis. Petrus se verraad word herstel en dit word ‘n nuwe ontmoeting.
Die kerkvader Athanasius het geskryf: “The risen Christ makes man’s life a continuous festival” Dit beteken nie lewe is perfek nie, maar ons word bewus van die opgestane Here in alles en alle momente.
Iets nuuts het aangebreek en hier is ‘n moment van roeping en dissipelskap. Tog nie dissipelskap as opdrag nie. Maar as ‘n vraag. Dietrich Bonhoeffer het dissipelskap as genade beskryf. Die genade van weet dat ek gekies is.
Uit die ontmoeting word roeping nie ‘n plig, maar ‘n verlange of ‘n uitnodiging. Petrus verlang, want Hy het lief.
Met Paastyd besef ons dat “God still confound us to what he is up to”. Verstaan steeds nie hoe God werk nie. Ons weet wel dat Hy teenwoordig is: versorgend, dienend, lewegewend.
Ons is ook uitgenooi om mense op te soek, te versorg, te help, te voed, te vergeef. So lewe ons die fees van die lewe in die opgestane Here.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.