Sondag 2 Mei 2016

Sondag 2 Mei 2016

NG Kerk Gansbaai

Sondag 29 Mei 2016 is ‘n gesamentlike erediens met die gemeente van die VGK in Blompark gehou. Tydens die geleentheid is Nagmaal ook gevier/bedien. Ds. Dirk van Dyk was die prediker.

Die gebruiklike gesinsdiens en kategese het in die Pretoriussaal plaasgevind. Ook hier is Nagmaal gevier/bedien onder leiding van Ds. Willie Kotze.

Aangesien daar geen diens in die kerk plaasgevind het nie kon geen diens na Herberg aan See herlei word nie. Ds. Hennie Basson, afgetrede leraar van Pearly Peach, het hier ‘n inspirerende boodskap aan die senior burgers gebring en ook die Nagmaal aan hulle bedien. Wat die geleentheid baie besonder gemaak het, is die feit dat hy aan elke senior burger persoonlik die brood en wyn bedien het.

Ds. Basson se boodskap was uit 1Petrus 1:22: Noudat julle julle in gehoorsaamheid aan die waarheid gereinig het om mekaar as broers ongeveins lief te hê, moet julle mekaar dan ook van harte en vurig liefhê

Enkele gedagtes wat hy uitgelig het:

  • Liefde vir mekaar soos Jesus aan aan gee.
  • Opofferende liefde na aanleiding van Jesus se voorbeeld.
  • Hoe meer mens van jouself gee hoe makliker is dit om lief te hê.
  • Liefdeloosheid breek af.
  • Liefde vir mekaar trek aan.
  • Liefde verdruis duisternis
  • Liefde vs die Duiwel
  • NGKerk – gee – aanmekaar – oop hande
  • Christene – gee jouself aan ander
  • Nagmaal herinner aan Jesus wat aan die kruis gesterf het. Hy het Sy liefde gegee; dit was/is opofferende liefde.
  • Jesus gee Sy liggaam omdat Hy vir ons lief is.
  • Selfondersoek: Het ek die Here lief?  Het ek my medemens lief?
Sondag 2 Mei 2016

A Swart

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai