Aanbouings aan Pretoriussaal

Aanbouings aan Pretoriussaal

NG Kerk Gansbaai

Die Kerkraad het op ‘n Spesiale Kerkraadvergadering op 25 Julie 2016 besluit om met die voorgestelde aanbouings aan die Pretoriussaal voort te gaan.

Die aanbouings behels die aanbou van ‘n sysaal aan die bestaande kombuis se kant. Dit sal ‘n afsonderlike addisionele ruimte daarstel vir gebruik van gemeente aktiwiteite. Dit sal onder andere ruimte skep vir basaars( tente as dit reën en sterk wind word aangespreek), die Vrydag woekermark, die Kategese en ander Jeugbyeenkomste, asook werkswinkels wat deur bedieninge aangebied sou word. Alle gemeente aktiwiteite behoort te baat by die aanbouings.

Soos alombekend is daar ‘n bestaande probleem met ‘n tekort aan voldoende toiletgeriewe tydens funksies en geleenthede waar groot getalle mense in die saal geakkomodeer moet word, en is hier  die geleentheid om iets groter te inkorporeer. Die vermeerdering van die toilette en aanbring van fasiliteite vir gestremdes alleen beloop nagenoeg R300 000.00. ‘n Behoefte  vir meer stoorruimte word ook terselftertyd aangespreek.

Die hele projek sal ongeveer R850 000.00 beloop.

Die rowwe bouwerk behoort gedurende Augustus 2016 in aanvang te neem. Bouplanne is reeds deur die Munisipaliteit goedgekeur en ‘n kontrakteur is aangestel. Die mure, vensters, dakke en vloergedeelte behoort teen 1 Desember 2016 voltooi te wees, sodat die Kersmark die nuwe aanbouings kan benut. Die finale afwerking behoort vroeg in 2017 afgehandel te wees.

Aanbouings aan Pretoriussaal

A. Swart

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai