Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Skriflesing: Lukas 2:25-40
Dit is vandag die tweede advent sondag. Die tema deur die jare vir hierdie Sondag is vrede... en hoe kan dit anders. Kersfees gaan by alles oor vrede. Dink aan die woorde van die engele volgens Lukas 2:14: "eer aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het". En hoe sou Simeon ook dan volgens v 29 sê: "Here laat u dienaar nou in vrede gaan volgens u woord . . . "
Ek wil dat ons vanoggend bietjie nadink oor hierdie vrede en onsself afvra wat hierdie vrede regtig beteken. Nou by die lees van hierdie gedeelte en veral die profesie van Simeon oor Jesus sal ‘n mens by alles oor die vrede verseker wou sê dat hierdie vrede nie ‘n soort oppervlakkige welwillendheid of ‘n oppervakkige gemoedelikheid is nie. Nee, hierdie vrede sny baie diep, dit bring selfs verdeeldheid, dit stel bloot, dit bring uitdruklike keuses mee, dit vra verandering, dit vra versoening. So bv kan jou eie getuienis lei tot teenstand en selfs verdeeldheid. Sommige Christene ervaar hierdie spanning waar mense bv uit die Moslem geloof tot geloof in Christus kom. Jesus self het die volgende gesê volgens Lukas 12:49. Die opskrif daar is nogal heel gepas. "Jesus die oorsaak van verdeeldheid." "Ek het gekom om vuur op die aarde aan te steek en hoe wens Ek dat dit al aan die brand is. Maar daar is ‘n doop waarmee ek gedoop moet word en dit sal My heeltemal in beslag neem totdat dit afgehandel is.
Dink julle dat dat Ek gekom het het om vrede op die aarde te bring. Nee, sê Ek vir julle, eerder verdeeldheid. Want van nou af sal daar vyf mense in een huis onderling verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie. Hulle sal verdeeld wees: vader teen seun en seun teen vader, moeder teen dogter en dogter teen moeder, skoonmoeder teen skoondogter en skoondogter teen skoonmoeder." Jesus het goed geweet dat geloof in Hom spanning sou bring tussen mense onderling. So kan ‘n mens vra of dit regtig die vrede van Kersfees is as mense om vredeswil maar liewer stilbly en dan nie praat oor Jesus ter wille maar net van die vrede nie. Daarby kan dan ook gesê word of dit regtig die vrede van Kersfees is as mense in verhoudinge maar eerder stilbly ter wille van die vrede en daar eintlik van versoening geen sprake is nie. In verhoudinge kan daar mos nie van vrede sprake wees as daar nog nie uitgepraat is na konflik en dit terwyl mense dalk dink ter wille van die vrede sal ek maar eerder stilbly nie, veral in die kerstyd.
Ek lees net weer van talle insidente in oorlogstyd dat die vyande tydens kersfees eers die stryd staak om na kerstyd weer die stryd voort te sit. Nee, dit kan ‘n mens by alles wat oor die vrede gesê kan word, dat dit definitief nie ‘n oppervlakkige gemoedelikheid of welwillenheid is nie. Nee hierdie vrede sny diep . . .
Hierdie aspek van die vrede van Kersfees word baie merkwaardig geillustreer in die profesie van Simeon oor Jesus se geboorte.
Kom ons lees dit net weer, vanaf v 34. "Simeon het hulle geseën en vir Maria sy moeder gesê: Kyk hierdie Kindjie is bestem tot ‘n val en ‘n opstanding van baie in Israel en tot ‘n teken wat weerspreek sal word. So sal die gesindheid van baie mense aan die lig kom. En wat jou betref, ‘n swaard sal deur jou siel gaan." Simeon het vier dinge oor Jesus se geboorte gesê. Kom ons kyk vir ‘n oomblik daarna. Die eerste wat hy gesê het was dat hierdie Kindjie bestem is tot ‘n val en ‘n opstanding van baie in Israel. Hiermee sou Simeon die beeld gebruik van ‘n steen wat deur God gestel word tot sowel ‘n struikelblok vir sommige as ‘n hoeksteen vir andere. Vir die vroeëre kerk was dit ‘n baie belangerike beeld van die evangelie. Veral die negatiewe aspek daarvan sou dien as verklaring van die verwerping van Jesus deur Israel terwyl die heidene Hom sou aanneem. In 1 Petrus 2:6-8 lees ons dan ook: "Daarom staan daar in die Skrif: Kyk Ek lê in Sion ‘n hoekklip, uitverkies vir die ereplek. Wie in Hom glo, word nooit teleurgestel nie. n Klip waaroor ‘n mens struikel en ‘n rots waarteen jy jou stamp." Sommige sal dus heil vind en ander sal struikel as dit kom by die evangelie.
Die tweede wat Simeon in verband met die geboorte van Jesus gesê het is dat Hy ‘n teken sal wees wat weerspreek word. Die klem is hier op die negatiewe reaksie wat Hy sal teëkom. In Jesaja 7:14 lees ons dat die kind met die naam Immanuel ‘n teken sal wees wat meer van ‘n negatiewe as ‘n positiewe resultaat sal hê. Dit sal heftig deur mense ontken word dat hy deur God gestuur is. Simeon het hier eintlik reeds voorspel dat Jesus verwerp sou word en het reeds voorspel van sy lyding en sterwe. In die verband sou Jesus dan ook ‘n teken van oordeel wees oor ‘n bose en onbeerlike geslag soos Hy daarna verwys in Lukas 11:29-32. Die derde ding wat Simeon gesê het was "so sal die gesindheid van baie mense aan die lig kom." Daar staan eintlik dat die gedagtes van baie mense geopenbaar sal word. En hierdie gedagtes is slegte, bose en ydele gedagtes. In Lukas 5:22 asook Lukas 6:8 is daarvan sprake dat Jesus elke keer die skare se slegte bedoelings bemerk en daarop ingaan. Maar Jesus het hulle redeneringe gemerk en vir hulle gesê: Wat redeneer julle by julleself. Maar Hy het hulle gedagtes geken. Jesus se geboorte sou mense se bedoelinge kom ontbloot vir wat dit in werklikheid is. Dit sal aan die lig kom.
Ook met hierdie woorde sou dit dan net verder bevestig word dat die Kind se koms sou lei tot skeiding en oordeel. Die laaste wat Simeon gesê het was die merkwaardige woorde oor Maria: "en wat jou betref, ‘n swaard sal deur jou siel gaan." Oor jare heen sou mense daaroor redeneer oor wat dit tog kon beteken. Party sou redeneer dit dui op Maria se eie twyfel, haar eie verwerping, asook haar medelye met haar kind wat verwerp sou word, asook haar eie worsteling. Hoe dit ookal sy, die belangrikste egter is net dat ook hierdie woorde van Simeon daarop dui dat die koms van die Kind lei tot skeiding, oordeel en lyding. Dus sou die vrede wat die Kind sou bring ver verwyderd wees van ‘n oppervlakkige gemoedelikheid of welwillendheid.
God se vrede, dus die vrede van Kersfees lê anderkant die versoening en dit beteken anderkant die sonde, bekering, die berou, die breuk, die onvrede. En omdat dit so is, is daar natuurlik teenstand teen die evangelie van Kersfees. Dit was nog altyd so en sal altyd so wees. En hierdie weerstand is nie ‘n toevallige reaksie nie, Nee, die Kind is soos Simeon gesê het daartoe bestem. En nou moet ons dit nie net dink van die wêreld nie. Nee, die aanstoot leef maar ook in ons harte. Ook ons dra maar ‘n stuk wêreld in ons en daarom ook ‘n stuk weerstand. Ook ons gedagtes word gedurig blootgelê deur die evangelie. Anders gestel: ook ons het steeds ‘n menigte van onbekeerde gesindhede en lewenskeuses. As Simeon gesê het dat die gedagtes van baie openbaar sal word, dan is dit maar waar van ons self ook. Daarom is die profesie dan ook eintlik ‘n oproep aan ons dat ons onsself gedurig sal ondersoek in die lig van die Woord.
Kersfees is dus geen oproep tot oppervlakkige gemoedelikheid nie, maar ‘n oproep tot getroue getuienis en ook ‘n oproep tot getroue selfondersoek, kritiese selfbeoordeling en onderwerping in gehoorsaamheid.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.