Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Pinkster 2017: Hoekom gaan ons kerk toe
Ons gaan kerk toe om herinner te word dat ons deel is van ‘n groter verhaal. Ons vergeet gou wie ons is, waar ons vandaan kom, waarheen ons oppad is en saam met wie.
Ons moet kom hoor dat ons “heilig” is. Ons bely dat ons glo in die gemeenskap van heiliges. Dit is ook hoe Paulus oor gelowiges gedink het (sien Efesiers 1:1-2 in Ou Vertaling). Nie heilig as gevolg van inherente perfektheid nie, maar as gevolg van God wat ons gekies en eenkant gesit het. Heiligheid aan ons toegesê het.
Efesiers 2:19-22 herinner ons dat ons medeburgers is van die huisgesin van God. Jesus is die hoeksteen en die tempel wat mense is, is die woonplek van die Heilige Gees. Die hoeksteen het die “pattern” daar gesit vir die vorm van die gebou. Paulus praat met Jode en nie-Jode en herinner dat al die grense afgebreek is in die nuwe gemeenskap.
Ons weet ons is heilig en deel van nuwe gemeenskap, want dit is vir ons vertel en oorgelewer deur ‘n vorige geslag. Ons is ontvangers van goeie nuus in Christus en ons dra dit oor na volgende generasie. “Tradition is carried forward in warm bodies”. Tradisie is die lewendmakende geloof wat ons ontvang het.
Ons ontvang dit ook in die liturgie. Die vroeë kerk het bely “Lex orandi Lex credenda”. Dit wat ons bid is wat ons glo. In liturgie en lied en prediking word ons herinner ons is deel van ‘n groter verhaal, van God se besigwees met die skepping. Die kerk is draer van goeie nuus deur die eeue. Ons kom kerk toe om te onthou ons verhaal is deel van ‘n groter verhaal. Net ons bymekaarkoms is klaar mooi. (“beauty arises with the way which salvation occurs and with the way in which the salvivic community is sacramentally and liturgically constituted” (Paul Evdokimov).
Hoekom sukkel ons dan. Hoekom kom ons nie kerk toe nie? Omdat dit oor my gaan en my behoeftes. Ons is gou ontevrede en die individu se belange staan sentraal. Verkies om my storie los te sien van ander. Is aanstoot om te verstaan ek is deel van iets groter en miskien nie so belangrik nie.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.