Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Skriflesing: Matt 13: 1-9
Ek lees wat iemand geskryf het na aanleiding van ons teksgedeelte wat my nogal getref het en selfs vertroos het: Die kerk het altyd met die vertroue geleef dat die Woord van God soos saad is - klein, onopsigtelik en skynbaar selfs onbeduidend, maar inderwaarheid lewend, vol potensiaal en stilweg besig om te ontwikkel en te groei en vrug te dra. Vir die kerk is die Bybel daarom meer as net ‘n boek, ‘n gewone boek. Dis asof die boodskap van die Bybel aktief is, werksaam, vir homself sorg. Dis asof die boodskap van die Bybel ook nie van ons inspanning en vermoëns afhanklik is nie, maar asof die Bybelse boodskap self sy weg vind en sy doel bereik. En daarom is die kerk ook nooit oormatig besorg oor teenkanting en verwerping van die boodskap nie. Omdat die Woord soos saad is wat vrug gaan oplewer ondanks verset en struikelblokke en hindernisse. Dis darem so pragtig: Die Woord is soos saad wat gaan vrug oplewer ondanks verset en struikelblokke en hindernisse.
Hierdie woorde is eintlik ook ‘n baie goeie opsomming van die punt van die gelykenis van die saaier soos deur Jesus vertel, ’n gelykenis wat ons van kleins af so goed ken, en die eerste mense wat dit moes hoor was die dissipels. Juis omdat hulle so bekommerd was oor die teenkanting van mense van die evangelie. Hulle kon nie verstaan hoekom daar soveel ongeloof, soveel verset en weerstand van die woorde van Jesus is nie. En hulle as dissipels het hierdie teenkanting natuurlik ervaar. Waarom is dit nie anders nie. Waarom is daar nie by almal blydskap oor die evangelie nie? Waarom word dit nie meer aanvaar nie. Deur die vertel van hierdie gelykenis en trouens ook so met die vertel van die sogenaamde saadgelykenisse verduidelik Jesus eintlik hoe dit werk. Hulle moet verstaan dat die Bose kom by mense wat die Woord hoor, maar nie verstaan nie, en vat dan weg wat in die hart gesaai is. Dis hy by wie daar op die pad gesaai is. Dan moet hulle ook verstaan dat daar mense is wat die Woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. Dit skiet egter nie wortel nie, dit hou nie lank nie, want as sulke mense ter wille van die Woord verdruk word, word hulle gou afvallig. Die bekommernisse van die lewe en die verleidelikheid van rykdom maak ook dat dit sonder vrug bly. Maar die wonder bestaan wel van die saad wat op goeie grond gesaai is en wel vrug oplewer. Want dis nou eenmaal soos die saad van die Woord werk, dis nou eemaal soos die Here met ons werk. Aan sommige word dit gegee om te hoor en aan ander nie. Sommige se ore word geopen en sommige se oë word gesluit. Dit is deel van die geheimenis van die werking van die lewende en kragtige woord van God. Maar die wonder word aan sommige gegee. Daarom ook die woorde in v16 en 17: “Maar julle oë is bevoorreg dat hulle sien en julle ore dat hulle hoor. Dit verseker Ek julle: Baie profete en gelowiges wou graag sien wat julle sien, maar het dit nie gesien nie en wou graag hoor wat julle hoor, maar het dit nie gehoor nie”. Hoe bevoorreg is julle nie. . . Hoe begenadig is julle nie. . . Moenie julle so bekommer oor die teenstand nie, oor die verwerping van die evangelie nie. Moenie julle bekommer oor die toekoms nie. Dis in die hande van die Here . . .
Die tweede groep mense wat dit moet hoor is ons. Ook vir ons wil die Here deur die gelykenis vandag verduidelik oor die werking van die Woord in die wêreld . . . oor die verwerping en teenkanting vandag wat ons ontstel en bekommer. Ook ons wat dalk bekommerd is oor die toekoms van die kerk. Ook ons wat wonder oor die stryd van die evangelie se verkondiging in die wereld, wat ook wonder hoekom glo almal maar nie. Hoekom is daar nie meer blydskap oor die Woord nie. Nee, ook ons moet verstaan die teenkanting bestaan, die verwerping bestaan van vroeg af al, maar die wonder bestaan steeds. En dit is dat mense ook die Woord aanvaar. Want ondanks die teenkanting en verwerping neem die Woord as saad sy loop en deur die Gees se werking bring dit vrug mee. Want dit is nou eenmaal soos die Here werk: aan sommige is dit gegee en aan ander nie. Hoe bevoorreg is diegene wie se oë geopen is en wie se ore kan hoor. Daarom is dit so belangrik na aanleiding van hierdie gelykenis dat ons as die kerk ook die versoeking weerstaan as ons begin dink dat ons dalk nie effektief genoeg is. Dat ons daarom meer planne moet maak om die evangelie as ‘n ware meer aantreklik te maak, ook ons eredienste. Dit is een van die grootste versoekings vir die kerk, dat ons heimlik begin dink dat die Woord se groei van ons afhanklik is. En nou skarrel ons rond, want kyk die teenkanting, kyk die gebrek aan belangstelling, watter planne kan ons maak. Jesus wil sê ons moenie daaroor bekommerd wees nie. Moenie dat die teenkanting julle ontstel nie, moenie bekommerd wees oor die toekoms van die kerk nie. Dit is in die Here se hande. Die saad gaan sy gang en lewer tog vrug op deur die werking van die Gees. Ten spyte van . . . Die Woord van God is in werklikheid nie magteloos voor al die weerstande nie. Dit is eintlik tog lewend en kragtig aan die werk. Al sien ons dit nie aldag met ons natuurlike oë nie.
Die apostel Paulus het dit mooi beskrywe as hy in 1 Kor 3 skrywe oor die werk van die apostels en dan bv sê dat ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. Dink maar aan die Hebreërskrywer wat skryf hoe die kerk by die hoor van die boodskap soos grond is wat die reën indrink wat dikwels daarop val en hopelik bruikbare gewasse voortbring en nie doringstruike nie. Jakobus skrywe ook dat God die gelowiges deur die Woord van die waarheid tot lewe gebring het. Die mooiste in hierdie verband is die getuienis van die apostel Paulus in verband met sy prediking: 1 Kor 2:1-5 “Wat my betref broers, toe ek na julle gekom het om die geheimnisvolle waarheid van God aan julle te verkondig, het ek nie met hoë woorde of groot geleerdheid gekom nie. Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde. Bewus van my swakheid en met groot angs en huiwering , het ek na julle toegekom. Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekenheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God” Moeder Teresa gesê het: die Here vra van ons getrouheid, nie dat ons suksesvol sal wees nie.
Dit is punt van die gelykenis, maar dan is daar tog nog iets, iets baie belangrik. Dit is dat terwyl die dissipels en ons wonder oor die werking van die Woord en die uitwerking daarvan en die gepaadgaande bekommernis oor die teenstand draai die Here ook die gelykenis na die kant van die dissipels self en ook na ons deur die opmerking: “wie ore het moet luister” Terwyl hulle bekommerd is oor die weerstande teen Jesus, wat van die weerstande teen die evangelie in hulle eie hart. Hulle is ontsteld oor die ongelowige reaksie op die Woord van God, maar wat van hulle eie reaksie. Daarom wanneer ons ook hierdie gelykenis lees en daaroor dink, dan moet ons ons gedurig vra dat onsself gehoorsaam sal wees en dat die Here deur Sy Gees in ons harte sal werk.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.