Blog

Gebed

Gebed

NG Kerk Gansbaai

Uittreksel uit preek van Ds. Hennie Basson op 20/08/2017 aan Baardskeerdersbosplaaswerkers.

Rigters 20:18 – 28

In die laaste paar hoofstukke van Rigters lees ons ’n stukkie geskiedenis wat vandag enige tyd die TV se hoofnuus sal wees.  In kort - ’n klomp homosek­suele straatboewe van die dorp Gibea wou eers ’n man aanrand en toe hulle nie hulle sin kry nie, het hulle sy vrou tot die dood toe verrinne­weer (om die Bybel se woord te gebruik).  Die man het toe sy vrou se lyk in stukke gekap en deur die hele land gestuur; waarop die volk rekenskap van die stam van Benjamin (waarin Gibea geleë was) geëis het.  Die stam het egter geweier om die moordenaars uit te lewer – met die gevolg dat  die res van die volk nie anders kon as om oorlog te verklaar nie.  

Dit is ’n grusame verhaal van moord en verraad wat op die ou end uitloop op ’n burgeroorlog.  Nou nie juis ’n verhaal wat mens in detail aan klein kinders sou wou vertel nie!   Die laaste vers in die boek Rigters lui so: " In daardie tyd was daar nog nie ʼn koning in Israel nie, en elkeen het gedoen wat reg is in sy eie oë".  (Rigt 21:25)

Eers nadat die volk ’n derde keer ernstig gebid en God se stem gehoor het, behaal hulle uiteindelik die oorwinning.

Onverklaarbaar – en tog – ervaar ons nie ook maar dikwels dieselfde nie?  Ons bid ernstig, glo dat die Here ons in ’n bepaalde rigting lei – ons bid immers in ooreenstemming met God se wil – in elk geval – soos ons Sy wil verstaan uit die Bybel.  En dan werk dinge nie uit soos ons dink dit behoort uit te werk nie.  Ons sg. “Christelike logika” is dan skielik nie meer so logies soos wat ons altyd gedink het nie.  Want – God is soewerein.  Dit beteken eenvoudig - God doen WAT Hy wil, WAAR Hy wil, SOOS Hy wil, WANNEER Hy wil; AS Hy wil.  God werk nie volgens ’n patroontjie nie.  

Dinge wat ons geleer het uit die gedeelte:

- God sê “Ja”;  Hy gee wat ons vra.

- Wag ’n bietjie;  m.a.w. Hy sê “Ja,” maar nie onmiddellik nie

- God sê (dikwels):  “Nee.”

- God sê: “Volhard, hou aan; moenie opgee nie.”

- Moenie ophou bid nie!  

- Wanneer dinge nie altyd na my sin verloop nie, beteken dit nie noodwendig dat ek buite God se wil is nie.  Of dat God teen my is nie.

- Rom 8:28 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.

Daarom – laat ons nooit mismoedig word as dinge nie presies verloop soos ons dit wil hê nie.  Kom ons gehoorsaam Hom – en hou aan bid.  En op die end sal God sy doel met ons bereik, deur ons bereik.  En ons sal God se seën ontvang – miskien in ’n veel groter mate as wat ons ooit kon hoop.

1 Sam 2:30... die een wat My eer, sal Ek eer, en die een wat My minag, sal Ek minag.

Gebed

A Swart

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai