Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Deel van ‘n nuwe familie
Iets wat die kerk nie genoeg na kan strewe nie, is om die eenheid tussen gelowiges te te bevorder. Eerstens binne die gemeente, maar ook oor kerkgrense heen. Dit is wesenlik vir ons getuienis as kerk van die Here. Daar so baie om daaroor te sê; dit sal net te veel spasie in beslag neem. Daarom net die volgende: Iets wat ons daarmee kan help, is die besef in die eerste plek dat die geloof in Christus ons deel maak van ‘n nuwe familie. As ‘n mens Matteus 12:46-50 goed lees, sien ons dat geloof in Christus ‘n nuwe familieband tot stand bring. En hierdie band moet ons besef, bind en sny dieper as selfs ons bloedbande.
Om Jesus na te volg is ‘n lewensomwente-lende saak met gevolge wat ons nie moet onderskat. Matteus 12 is duidelik daaroor dat ons band met Christus alle ander verbande in ons lewe relativeer en heeltemal sekondêr stel. Die rede daarvoor is omdat die band tussen gelowiges ontspring uit die wedergeboorte, nie die natuurlike geboorte nie. Die apostel Petrus skryf, wanneer hy gelowig-es aanmoedig, om mekaar lief te hê, die volgende in 1 Petrus 1:22: Julle is immers weergebore, nie uit verganglike saad nie, maar uit onverganglike saad. In hierdie verband is die eenheid tussen gelowiges dan ook ‘n te-ken van die groot wedergeboorte, in ander woorde die ewige lewe. In die tweede plek moet ons ook besef dat hierdie familie van gelowiges deur God gekies word, nie deur ons nie. As Jesus aan die kruis na Maria draai en vir hulle sê: Daar is u seun en daar is jou moeder, hoor ons dat Hy die Een is wat in hierdie nuwe familie die bande be-paal, nie ons nie. Die keuse oor wie hierdie familie is en wie nie, is nie ons s’n nie, maar Syne. Daar is die spreekwoord wat sê dat ‘n mens jou vriende kan kies, maar nie jou familie nie. As dit waar is van gewone familie, dan nog baie meer van die kerkfamilie. Omdat die Here die kies wie saam met ons aan die kerk behoort, moet ons diegene aanvaar en liefhê. Juis omdat die Here dit so beskik het. Laat ons bid dat die Here ons sal help om soos die Bybel leer die eenheid wat die Gees tussen ons gesmee het, te handhaaf. Mag ons gedurig daarna strewe om die eenheid te bevorder binne die gemeente en ook oor kerkgrense heen. Laat ons begin deur aan die kerk te dink as ‘n nuwe familie van mense wat saam aan die Here behoort.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.