Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Kunsuitstalling 2018
Dr Lisel Joubert het verlede jaar met die briljante idee gekom dat al die kunssinnige mense moet deelneem aan 'n Paasuitstalling. Elkeen het sy eie siening en so word almal se insig verruim. Daar is geen beperkings van onderwerp of medium gestel nie en geen keuring vind plaas nie. Verlede jaar het dr Lisel self 'n ikoon bygedra. Vanjaar was daar weereens ‘n ryke oes van kuns-werke. Dries van Heerden, wat ons kerklied geskryf het, het 'n gedig geskryf oor die oor-gelewerde uitbeelding van die Passieblom, Gerda het 'n fynbosrangskikking gemaak. Palma het weer die rooi van Jesus se verlossende bloed deur haar borduurwerk laat praat. Coenie en Christa het papiervouwerk ingespan. 'n Geliefde onderwerp is die gra-naat met sy rooi pitjies wat Susan en Michelle gekies het, terwyl Deon die As-lelie wat so opstaan ná 'n brand die lyding en op-standing van Jesus met ons eie plantegroei verbind. Lynn se kunsgroep het besluit om 'n triptiek van kerkvensters te skilder.
Migiel het die haan wat gekraai het toe Petrus vir Jesus verloën het met waterverf geskilder. Een persoon is só aangegryp deur Nettie se doopwater van Christus dat die kunstenares haar daarmee geseën het. Die professionele kunstenaar, André, het Montagu vir Gansbaai verruil, tot ons voordeel. Hierdie jaar het ons twee praatjies gehad. Prof. Daniël Louw het oor ikone gepraat en dit is voorafgegaan deur clarinet-spel en blokfluitspel. Hy het 'n woedende Christus uitgebeeld: My God, my God, waarom het U my verlaat? Trienke het geskok deur die swanger Maria uit te beeld. Hier moet besef word dat dr. Lisel met haar boek Mosaïek van Maria ons oë vir die liggaamlikheid van Maria geopen het. Die tweede aand het ds. Franceska van Aghullas-gemeente haar eie geloofsreis met 'n skildery uitgebeeld en van haar verwarring met die gehoor gedeel; as-ook die heling wat sy ondervind het. Met passie is daar deur elkeen geskep.
Dink sommer nou al wat jy volgende jaar gaan bydra met jou talent. - Anoniem
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.