Seemeeu November 2018

Seemeeu November 2018

NG Kerk Gansbaai

Kersfees - Kerstyd in alle ruimtes       

Kersfees het te make met die onsienlike en die sienlike. In een van die ou Christelike ikone, Die Maagd van die Teken, word Christus op ‘n afbeelding van Maria geposisioneer dat dit lyk asof dit ‘n venster na haar liggaam toe is. In Grieks staan die inskripsie: Die houer van dit wat nie vasge-hou kan word nie (The container of the uncontainable). God neem die ruimte van Maria se baarmoeder in. Hierdie is die vreemde en wonderlike van Kersfees, dat God deur die eeue menslike ruimtes kom vul. Homself in-buig na ons sodat ons Hom kan erken. Karl Rahner skryf dat met die geboorte van Jesus die hemele oopgegaan het, want die hemele het afgekom aarde toe. Ons soek God en God kyk na ons met die gesig van ‘n mens. Die Oneindige het naby gekom in die eindige en daar is geen skeiding meer nie. Mag ons ook hierdie Kerstyd in alle ruimtes God se teenwoordigheid ontdek, ons huise, ons ontmoet-ings, ons liggame. Mag ons weer verras word deur die inbuigende inwonende teenwoordig-heid van God Drie-Enig. Lisel Joubert

Die Kind in die krip

 Ons as Christene bely dat God in Jesus Christus mens geword het. Ons bely dit elke Sondag, amper onnadenkend. Asof dit vanselfsprekend is dat God mens geword het. Hierdie belydenis is eintlik bo my as mens se begrip. Wie daaroor na-dink, vind dit amper on-moontlik om te verstaan. Dit bly ‘n misterie waarvoor ‘n mens jou hele lewe lank in verwondering staan. Die  woord “vlees” staan vir ons gebrokenheid. Ons is sterflike mense wat tydens ons lewensjare verwond word deur hartseer, oudword, siektes, die dood van ons geliefdes. Om “vlees” te wees, om m.a.w mens te wees, is nie altyd so maklik nie. Dit is vol vreugde, maar ook vol lyding. Rondom ons, tussen ons, leef mense met wonde. Soms is dit fisieke wonde, geestelike wonde of soms is dit psigiese wonde. Wonde geslaan deur die leed van die lewe. Oral om ons sien ons die leed in die lewens van vriende, familie, gesinne, kinders, vreemdelinge, ens. Ons probeer die seer van die lewe dikwels wegsteek agter vrolike of ligsinnige maskers.Vir my is dit wonder-baarlik om te dink dat God ons volle menswees, met al sy vreugdes en veral pyn, ernstig kom neem het in Jesus se menswording.

Die Kind in die krip verkondig: God is nie ‘n koue, veraf God nie. Hy is nie ‘n gevoel-lose God wat sy rug op ons, die mens en die ganse werklikheid, kom draai nie. In Christus het God ons wonde, ons smarte, ons krankhede op Hom kom neem. Waar hierdie Jesus, soos ons bely, aan die regterhand van die Vader sit, weet God die Vader van ons wonde. Geloof is om hierdie God te leer sien, om ons vlees, ons mensheid te sien sit aan die regterhand van die Vader.

Lees teksgedeeltes: Hand. 2:22-24, 32-33, Mark.10:43-45, Filip 2:5-11, 2 Kor 5:21.

Jeug Kerssang-diens 11-11-2018

Die kinders en almal wat meegehelp het met die aand het ‘n ware Christusfees atmosfeer geskep! ‘n Onvergeetlike aand!

Deelnemers was die Academia Marimba Band met Amazing Grace & Stille Nag. Gansbaai Primêr: Mary had a baby & As long as I have Jesus. Laerskool Gansbaai: Kom nou Josef.

  • Voorlesing: Protes teen Kersfees.
  • Laerskool Gansbaai: Jesus was a boy like us.
  • Graad 10 groep: Opvoering.

Liturg was Dr Lisel Joubert: Boodskap: Kersfees is die viering van ‘n misterie - ‘n geheimenis - iets wat so wonderlik is dat dit vir ons moeilik is om te verstaan.  Ons kry dit ook nie lekker verduidelik nie. Misterie/geheimenis is, dat Jesus mens geword het en onder ons kom woon het. The one who inhabits eternity comes to dwell in time. Die Onsigbare word die sigbare. Die Griekse woord sarx beteken vlees/lyf/vel/hart en bloed. Die kersverhaal vertel ons hiervan. Wat beteken dit dat Jesus vlees geword het? Drie punte:

[1] Niks is nou meer alledaags nie.

Dankgebed: Dankie Here dat U gekies het om uit ‘n vrou as mens, soos ons in die wêreld binne te kom, Dankie dat U soos ons ‘n kind was en alledaagse dinge gedoen het sodat niks meer alledaags kan wees nie.

[2] Ons sorg vir liggame. While we might not have other things in common, we all wear skin. Athanasius, die 4de eeuse kerkvader, herinner ons met die volgende woorde hoekom Jesus mens geword het: For the Lord to teach the way was not merely to dwell here, but to put Himself at the disposal of those who needed Him…He did not come to make a display. He came to heal and teach suffering men. For one who wanted to make a display the thing would have been just to appear and to dazzle the beholders. But for Him who came to heal and to teach the way was not merely to dwell here, but to put Himself at the disposal of those who needed Him…

[3] My hele mens-wees is baie werd

“Good is the flesh that the word has become” 

Gebed: My vel. Drie Enige God, U voltooi my liggaam met sagte menslike vel. Siekte, swaarkry, geweld, korrupsie omring my met ellende wat my brose menslike vel uitdroog. Ek is eensaam in my angs. Skaamtelose onreg, blatante diskriminasie, onmenslike vernedering en gevoellose  verwerping laat my God-gegewe vel krimp. Ek pas nie meer in my krimpende vel. Ek is benoud ... Selfsug, hebsug, magsug, begeertes, woede en haat slaan soos kanker op my vel uit. Ek  is geskend. Voed my vel Heer, met die U Woord van onbegrensde -  nie veroordelende liefde. Kalmeer my vel met U aanvaarding en goed-heid. Reinig my vel met die balsem van vergifnis en vryspraak. Vul elke vesel met U teenwoordigheid. Laat my lyf die huis wees waar U beloftes leef, die geheue plek wat my laat onthou: U is God, U is heilig, U is velgeworde Woord. Ek loof U, aanbid  U, Dien U  in murg en been. Amen (Willie Kotze)

DANKIE: Namens die gemeente sê ons baie, baie dankie aan dr Lisel Joubert en elke kind, onderwyser/afrigter en helper. ‘n Spesiale dankie aan die Jeugbediening vir die pragtige geleentheid en die aanbied van die funksie in die kerksaal na die diens.

Seemeeu November 2018

Redaksie Seemeeu

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai