Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Jaartema vir 2018: Ons hoop is in God Drie Enig
Ons jaar en maandtemas vir 2018 was baie inspirerend en bemoedigend. Vir diegene wat dit graag wil stoor, hier is dit weer:
Maandtemas:
Gansbaai gemeente groet ds Dirk
Op 30 September het ons afskeid geneem van ds Dirk en Marina van Dyk met sy aftrede. Ds DC (Dirk) van Dyk was op 4/8/2006 in die Gansbaai as derde gemeente-leraar bevestig. Ds Dirk se droom vir die gemeente is en was dat dit ‘n weerspieëling moet wees van dit wat die Woord van die Here leer ‘n kerk moet wees, die gemeente mekaar se laste sal help dra. Dat ons regtig in hierdie opsig ‘n verskil sal maak deur Liefde en Omgee! Ons dank God vir ds Dirk se geseënde arbeid in Gansbaai (al ses streke plus die VG gemeente). Ds Dirk ons wil graag vir jou sê: “Ons huldig, onthou en dank jou as leraar vir jou gasvrye persoonlikheid wat vir alle mense ruimte gemaak en geskep het. Hiermee het jy God se onbegrensde liefde en goed-heid vir alle mense tasbaar gemaak. Veral dankie vir die troos en hoop wat jy in smart- en pyn-gevulde lewensruimtes in-gedra het. Jou gepaste humor wat ons gehelp het om die menslikheid van God raak te sien. Jy het ons laat onthou: Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Waar jy nou amptelik uit die Leraarsamp getree het, bid ons jou die seën van die Here toe en wens ons jou en Marina en jou geliefdes ‘n voorspoedige toekoms toe, wat gebou is op die Christelike Hoop wat lewe gee.” - Namens ons Gansbaai gemeente.
Beroeping: Ds Hanri Joubert:
'n Nuwe leraar is in-tussen beroep. Ds. Hanri Joubert van die Britstown gemeente het die be-roep na Gansbaai aangeneem. Hy word op 11 Januarie 2019 in die gemeente bevestig en sal op 13 Januarie 2019 sy intreepreek lewer. Ds. Hanri is getroud met Elizabeth en die egpaar het 'n 2-jarige dogtertjie, Sumari. Die egpaar sal die pastorie in Parkstraat betrek.
Bybelstudie-groepe
Nuwe intrekkers of lidmate wat graag betrokke wil raak by Bybelstudieroepe: Hier is kontak-nommers van mense in elke streek wat u kan help om in te skakel by ‘n bestaande Bybelstudie-groep of om selfs een op die been te bring.
Dignity (Waarde) projek:
Michelle Marais wat die studie-sentrum bedryf droom om in die groter gemeenskap met ‘n projek te begin waar kinders met waarde bevestig word. So ‘n fonds/projek sal kinders help met dinge wat hulle goed sal laat voel oor hulself (bv haarsny, klere vir ‘n geleentheid ens). Lidmate wat belangstel kan haar kontak. Waarde staan verklarend geskryf as: ‘n aanduiding vir die belang van 'n bepaalde objek. Mag ons as ’n gemeenskap terugkeer na ’n punt waar die waarde van elke individu, maar veral ‘n kinderlewe, erken word, waar ons ‘n rol speel in ‘n kind se daaglikse groei en welvaart en ophou om kinderlewens te meet in terme van die ekono-miese welvaart van hul ouers sowel as hul akademiese bevoegdheid, juis in sy/haar tyd van groei. Bogenoemde sowel as daaglikse sosio-ekonomiese uitdagings in ons gemeenskap, maak dit moelik vir ouers en kinders om net die basiese hulpbronne te voorsien. Dikwels sien ons ‘n kind raak wat ‘n skoon, of warm kledingstuk, ‘n pennesakkie of broodjie benodig, selfs net ‘n haarsny. Faktore wat ‘n wesenlike verskil aan ‘n kind se daaglikse sosiale-welstand kan maak.
Michelle wil ‘n gemeenskaps-inisiatief begin, waar fondse ingesamel word vir kinders met daaglikse doelwit behoeftes. Waar ‘n kind se omstandighede op jou hart geplaas word en jy kan bydra tot sy/haar daaglikse stryd. Kom ons meet die waarde van ‘n kind uit die oë van die liefde van ons Vader in die Hemel, die barmhartige hand van God. - Michelle Marais 082 9770904
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.