Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Jeugbasaar
Die jaareinde Jeugbasaar het op Vry-dag 26 Oktober 2018 plaasgevind. Dit was die heerlikste “kapperjolle” en daar is gespeel, ge-eet, gelag en die kinders en grootmense het heerlik basaar gehou.
Baie dankie aan elke kind, onderwyser, kategeet, ouers en helpers vir die pragtige geleentheid. Ongeveer R11,000.00 is ingesamel.
Kersmark 2018: Gansbaai NG Gemeente
Linda Cilliers en haar span is hard besig met die finale reëlings vir die jaarlikse kersmark. Die 15de Kersmark sedert 2004, vind plaas vanaf 8 tot 22 Desember in die Pretoriussaal. 140 uitstallers van oral, selfs so ver as Pretoria, Bloemfontein, Port Elizabeth en Vredendal, bring die beste en mooiste handgemaakte unieke geskenke vir oud en jonk, asook ‘n verskeidenheid produkte wat nog nie voorheen op die Kersmark uitgestal is nie. Daar is eetgoed vir elke smaak en fynproewer. Ons versoek weer gemeente-lede om asb. vrywillige diensbeurte te doen. Die besprekingsboek is in die kerkkantoor en by die Vrydagmark beskikbaar. Besoek gerus die Kersmark se Facebookblad en ons webblad vir inligting en foto’s. Baie dankie aan almal wat so onbaatsugtig by ons Kersmark diens doen en hulp van watter aard ookal verleen. Ons glo dat die Here ook hierdie jaar sy seën daarop sal laat rus.
Kersmark-kafeteria 2018: Diens van Barmhartigheid
Drie jaar gelede het daar ‘n behoefte ontstaan by die kantore van die Maatskaplike Dienste, (wat ons kosteloos op ons kerkterrein huisves) aan’n Administratiewe beampte wat nie meer deur die staat gefinansier word nie. Inkomste uit pannekoekbak-verkope was nie meer genoegsaam nie. Ons het die Kersmark-kafeteria begin bedryf om vir hierdie pos fondse te genereer en ook so een van ons lidmate van werk te voorsien. Dankie aan almal se bydraes, hetsy om by ons te kom eet, of om van ons wegneem pannekoeke te koop of om ons te voorsien van ‘n koek of ‘n tert. Vanjaar gaan alle pannekoekverkope se fondse, waarmee ons verlede jaar R22 000 ingesamel het, oorgedra word aan die boufonds van Herberg-aan-See om die siekeboeg te vergroot. Enige donsasies, bv. n koek, tert, vleis, pak meel, sal waar-deer word. Ons grootste behoefte tans is egter pannekoekbakkers en rollers. Kom bied asseblief julle hulp aan. Navrae: Francia 028 3840262 of 082 5513613
Jagpakket ten bate van die Bediening Barmhartigheid
‘n Weldoener het aan die gemeente ‘n jagpakket van etlike duisende rande geskenk, wat die Kerkraad goed gedink het om te vermeerder deur lootjies te verkoop. Die Bediening Finansies het dit weer op hulle beurt goed gedink om die winsbedrag van ongeveer R24 000.00 oor te dra aan die Diens van Barmhartigheid bediening om dit na goedunke te bestee (soos hulle met alle ander fondse doen). Geen druk is op die bediening geplaas om dit dadelik te spandeer nie. Die eerste uitgawe sal wees om vir bejaardes wat gebuk gaan onder ‘n klein maatskaplike toelae te help met skoonmaakmiddels wat normaalweg ‘n groot gat uit hul inkomste neem. Dan is daar ook ‘n behoefte geïdentifiseer vir mediese matrasse met lekbestande-oortreksels (waterproof) beide by Herberg-aan-See en Silwerjare. ’n Bedrag is ook toegeken vir die Kerskoepons aan ons noodlydendes wat Kersfees alleen is, sodat hulle iets lekkers vir die feesgety kan koop. Dankie vir elkeen se bydrae en voorbidding.
Herberg-aan-See Boufonds
Tans is die nood vir laaste jare versorging van ons plaaslike inwoners ‘n groot nood! Almal wat eers hier wortel geskiet het, wil nie hier weggaan nie. Help ons asseblief!
Ons moet dringend aanbou by die siekeboeg van die ouetehuis, maar hiervoor word etlike miljoene rand benodig. Maak asseblief uit u begroting vir volgende jaar ‘n bydrae tot hierdie fonds. Of doen u eie klein fondsinsameling, bv. vra al u vriende wat na u verjaardag kom om liefs ’n geldjie te skenk ipv tjoklikts, rooiwyn, ens. en betaal dit in by die boufonds. Nooi ‘n paar vriende vir ‘n braai of ‘n tee en vra hulle om ‘n donasie te maak. Skenk R100.00 en daag al u vriende uit om dit dan na te doen. Asseblief help!
Die bejaardes van ons dorp het u nodig!
Party bly in haglike omstandighede, maar is te trots om hulp te vra. U kan ‘n verskil maak! Doen dit jaarliks sodat ons hierdie fasiliteite kan voltooi asb!! - Francia
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.