Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Ds. Hanri Joubert se intreepreek op 13 Januarie 2019 in Gansbaai.
Skriflesing Jakobus 1:25-27
Hoekom is ons vanoggend hier. Ons elkeen sal waarskynlik ‘n paar mooi antwoorde hê. Hier en daar gaan ons dalk selfs dramaties verskil daaroor. Jakobus stoei na my mening bietjie met die vraag. Wat is die hart van ons Godsdiens?
As ek vanoggend vir jou sou vra om vir ons ‘n kunswerk oor die lewe te maak. Watter kleure dink jou sou jy gebruik. Ek dink terwyl ons soms groot vreugdes in ons eie lewens ervaar, dink ek sou baie mense die algemene prentjie vir die lewe in Suid-Afrika maar redelik donker geskilder het, dalk selfs kleurloos. Die mense deur brande geraak teen kus af waarskynlik donker.
Ek wil vanoggend vir julle so 2min video wys, van kleurblindes wat vir die eerste keer in hul lewens kleur sien met ‘n spesiale bril. Van julle kon dit dalk al sien. Dis Amerikaners, so julle moet verskoon hul laster mos maar bietjie in hul gewone praat, so daar glip op ‘n stadium een deur waarvoor julle moet verskoon. Maar kom ons beleef net hierdie belewenis van mense wat vir die eerste keer ooit kleur sien.
Hierdie video gryp my aan. Ek sien hierin iets wat ek by Jakobus hoor. Dat die Evangelie, die Here wat my en jou reeds gered het, ons oproep, ons uitstuur om die kleur van die evangelie in die lewe te sien en vir ander dit sigbaar te maak in ons doen en late. Die opmerking van die seun is vir my die hart daarvan. “Is this is the real world?, Is this is what it actually looks like?” Dit is wat ek by Jakobus hoor dat ons met hierdie opdrag uitgestuur word om dit vir mense te gaan sê en leef – Hierdie is die regte wêreld. Hierdie is hoe die lewe moet lyk soos God dit bedoel het.
Daarom neem Jakobus baie sterk standpunt in. Willie Jonker skryf dat dit vir Jakobus eenvoudig is. As jou geloof jou nie verander nie, anders laat dink, anders laat leef nie, dan is dit eenvoudig nie eg nie. Om die regte dinge te sê, om kerk by te woon, betrokke te wees by allerhande wonderlike goed, beteken net mooi niks as hoe ek met, en oor ander praat die kleur uit hul lewe steel. Dit beteken niks as die nood van mense wat hulself nie kan help nie my nie aanraak nie(armes sonder versekering wat deur die brand geaffekteer is?). In die OT sien ons reeds dat hierdie nie ‘n nuwe probleem vir God is nie. Hoe die volk alles reg doen in die tempel en baie offers bring, maar daarbuite, kleurloos leef.
Sien die gelowiges vir wie Jakobus skryf was waarskynlik skuldig hieraan. Hulle was waarskynlik goeie kerkmense soos ons vandag sal sê. Hulle het reg gepraat, op die regte plekke opgedaag, maar hul was ook maar vasgevang in die donkerte van die lewe, kleurloos en het duidelik selfs die kleur uit mekaar se lewens gesteel deur konflik, jaloesie en selfsug.
Die vryheid wat hul bely, die geloof wat hul bely is in realiteit lippetaal terwyl hul steeds eintlik maar vasgevang en deel is van die donker, kleurlose wêreld rondom hulle.
Professors Willie Jonker en Flip Theron het jare terug saam ‘n boek geskryf met preke oor die kerk met die Titel vreemde Gemeenskap, waar die wêreld donker is, mekaar seermaak, selfsugtig is, jaloers is… moet ons anders wees, moet ons vreemd wees omdat ons kleurvol is. Liefde leef, vreugde bring versoenend, wees waar ander dink dit onmoontlik is.
Die antwoord vir Jakobus is niks nuuts nie. Dit lê in ‘n bekende konsep wat lank reeds in die OT bekend was. In V 27 gebruik hy die uitdrukking. Voor ons God en Vader. In die OT word die uitdrukking voor God of voor die aangesig van God dikwels gebruik om juis te beklemtoon dat ons lewe, in elke aspek daarvan, ‘n lewe is wat voor God, die betrokke God, die omgee God, die kleurvolle God geleef word. Coram Deo sal van jul dalk die Latynse uitdrukking herken.
Hoe ons hierdie lewe voor God interpreteer (Kerklewe, huislewe,skool,vriende) verskil natuurlik hemelsbreed. Sommige sê dat my geloofslewe voor God iets vir die binnekamer is. ‘n Persoonlike saak, ander sê dat dit beteken dat ek betrokke moet wees by die kerk en die dinge van die kerk. Ander weer voel dat dit beteken dat ek reg moet praat oor God. Goeie teologie moet beoefen. Ander voel dat voel en dink min daarmee te doen het en dat dit net gaan oor wat ek doen.
Ek hoor eintlik hoe Jakobus uitroep - vir Jakobus nie die een of die ander is nie, dit als is. Dat ons lewe voor God elke aspek daarvan ons en ander se lewe met kleur moet vul. Dat ons die Here met hart en siel, met verstand en met al ons krag moet dien. Hoe ons voel, hoe ons dink en hoe ons leef moet gebore word uit die Here wat omgee en betrokke is.
Ons moet kleur bring veral daar waar ander dit nie sien nie. Ons moet hulle raaksien wat deur God raakgesien word, veral die weduwee en die wees. Dit was in daardie tyd die groep gewees wat eintlik geen manier gehad het om hulself te beskerm of versorg nie, wat geen stem gehad het nie. Jakobus sê daarom dat ware godsdiens is juis om kleur te bring vir hulle wat nie die vermoë het om dit self te sien of te skep nie.
Daarmee saam noem hy ook hoe ons met en oor mekaar praat. Is dit nie dikwels die manier wat ons die meeste skade aan mekaar berokken nie? Wat ons vir en oor mekaar sê steel die vryheid en vreugde wat die evangelie wil bring.
Payne Best is as ek reg onthou ‘n Britse offisier gewees wat saam met die invloedryke duitse Teoloog Dietrich Bonhoeffer in die konsentrasiekamp was tydens die Tweede wêreld oorlog. Nadat Bonhoeffer tereg gestel is vertel Best hoe hy vir Bonhoeffer onthou wat onder daardie moeilikste omstandighede altyd vreugde kon vind en kon bring. Dat hy altyd iets gevind het om voor dankbaar te wees. Dat hy selfs met my dood die kleur van die evangelie kon sien toe hy vir Best eenkant toe geneem het en vir Hom gesê het: “This is the end... for me it is the beginning of life”.
Jakobus roep ons op. Leef geloofwaardig voor God. Leef met die kleur wat Hy deur sy menswording gebring het. Laat ons soek om hulle wat kleurloos is kleur in die lewe te gee.
Daarom dink ek sê Jakobus dat ons onsself onbesmet van die wêreld moet hou omdat ons die kleur van die evangelie moet bring. In Gansbaai, om Gansbaai en op die ou einde die wêreld oor en moet wegbly van die suigkrag van ‘n wêreld wat kleur steel deur selfsug jaloesie, eie belang en twis en onvergewensgesindheid.
Mag ons as gemeente, Gansbaai... kleurvol leef.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.