Seemeeu: 1/2019

Seemeeu: 1/2019

NG Kerk Gansbaai

In ‘n vraag en antwoordsessie het Ds Hanri en Elizabeth Joubert persoonlike en interessanthede omtrent hulself met ons gedeel.

V: Waar is julle gebore?

Hy: Karl Bremer hospitaal, Bellville

Sy: Bellville

V: Laerskooljare?

Hy: Laerskool Welgemoed tot en met st. 3 en toe na Laerskool Totius 

Sy: Laerskool Lochnerhof, Strand

V: Hoërskool?

Hy: DF Malan

Sy: Hoërskool Strand, Strand

VV: Enige sport op skoolvlak?

Hy: Ek is lief vir alle sport. Ek het op skool aan atletiek en landloop deelgeneem as my hoofsport, maar het ook tennis en hokkie gespeel.

Sy: Hokkie

V: Universiteit, waar?

Hy: Stellenbosch

Sy: BEdPsig (Opvoedkundige Sielkunde) by Universiteit van Stellenbosch, MA Psigologie (Noordwes Universiteit)

V: Sportprestasies?

Hy: Ek het 'n keer of wat provinsiale kleure verwerf in atletiek en landloop.  

Sy: Ek was nie in die ry toe die liewe Vader balvaardighede uitgedeel het nie. Ek het koor en kamerkoor gesing, kitaar- en sanglesse geneem, aan verskeie Eisteddfods deelgeneem, aan die skool se Kabaret deelgeneem  

V: Gunsteling sport op skool?
Hy: Hokkie 

Sy: Die soort waaraan ek nie hoef deel te geneem het nie 

V: Gunsteling vak op skool?

Hy: Pouse     

Sy: Afrikaans

V: Huidige stokperdjies/tydverdrywe(wanneer daar tyd is)?

Hy: Sumari! Ek sal laat weet as ek by ander uitkom, ek is lief vir die buitelug, muurbal, gholf, jag en visvang. 

Sy: Lees, sing & kitaarspeel, enige iets kreatiefs en
skeppend.

V: Hoe skakel jy af?

Ek luister na my vrou☺ Andersins hou ek daarvan om te gaan draf of met my hande te werk. Ek hou baie van houtwerk.  

Sy: Met 'n driejarige en een op pad, skakel ek selde af, maar ek lees graag as ek die kans kry

V: Gunsteling kos wat jou vrou maak?

Hy: Alles wat eetbaar is...  

V: Gunsteling gereg uit jou ouerhuis?

Hy: Selfde as vorige vraag.  

Sy: Ons gesin het altyd vakansies 'n punt daarvan gemaak om een oggend ordentlik ontbyt te maak. Ek is steeds mal oor spek en eiers.

V: Gunsteling kleur, blom?

Hy: Tans is dit enige iets wat nie soos die droogte van die Karoo lyk nie. Alles wat groen is is vir my mooi... (jammer vir al die Franskralers op die oomblik)

Sy: Blou, as mens eers in die Karoo gebly het, is enige blomme vir jou pragtig, maar ek is veral mal oor proteas en lelies.

V: Waar hou jy graag vakansie of droom jy om eendag te gaan vakansie hou?

Hy: Enige plek waar ek my tent kan opslaan en genoeg hout het om heeldag vuur te maak.  

Sy: Ons is lief vir kamp. As ek die kans kry, sal ek baie graag na die Griekse eilande wou gaan.

V: Interessante plekke wat jy besoek het en hoekom?
Hy: Ek het die voorreg gehad om al heelwat plekke te kon sien. Ek was baie jare terug in Egipte en Jemen op 'n uitreik gewees. Ons het Bybels in Jemen ingesmokkel. Ek het Bybels in my sakke weggesteek en ook 2 in my onderbroek (ek het tot vandag gemengde gevoelens daaroor. Ek kry die persoon jammer wat daardie Bybel gekry het, maar vir daardie ongemak hoop ek dat hulle darem tot bekering gekom het). 'n Ander tannie het 2 klein Bybeltjies onder haar voete in haar skoene gedruk. Ek dink ons het albei ewe ongemaklik uit die lughawe gestap. My tas is deursoek, maar gelukkig nie ek self nie. Ek was ook al op uitreike in Lesotho, Swaziland en Msinga. Ek en Elizabeth het gaan studieskuld delg as Engelse onder-wysers in Suid-Korea vir 2 jaar. In daardie twee jaar het ons die voorreg gehad om heelwat te toer. Ons het Malaysië 2 maal besoek, die Fillipyne, (wat volgens my een van die mooiste plekke in die wêreld kan wees) Vietnam, Laos, Cambodia, Thailand en Singapoer.  

Sy: Ons was bevoorreg genoeg om al in die Filipyne en groot dele van Suidoos Asië vakansie te hou, wat absoluut fantasties was. Ons het vir twee jaar in Suid-Korea Engels gegee om ons studieskuld af te werk.

V: Waar het jy van Gansbaai gehoor?

Hy: Ek ken die dorp al van my kinderdae af. Ek het gereeld saam met skoolvriende hierheen gekom vir kampe en naweke. Ek was egter baie jare laas hier en het groot geskrik toe ek sien hoe dit uitgebrei het.  

Sy: 'n Skoolvriendin het 'n vakansiehuis op Gansbaai gehad.

Seemeeu: 1/2019

Redaksie Seemeeu

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai