Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Hoe gemaak met ons jongmense?
Die kerkraad het onlangs besluit dat ons in 2019 gaan fokus op die Jeug en ons gesinne. Ons het tot die oortuiging gekom dat ons nie oor die toekoms van die kerk kan dink sonder om te dink oor die plek wat ons jongmense en gesinne in ons gemeente inneem.
Ons is almal eens dat die kerk van môre aan ons jonger generasies gaan behoort, maar hoe bepaal dit vandag ons denke en ons optrede? Van Maandag tot Vrydag hoor ons die vrolike stemme van die groot menigte kinders langs ons kerk, maar tog raak daardie stemme al stiller hoe nader ons aan Sondag kom. Ek kan nie anders as om te dink aan Jesus wat in Lukas 18 sê: "Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie”
Op die afgelope Sinodesitting het ons van ongelooflike kreatiewe maniere gehoor waardeur gemeentes vir jongmense ruimte skep binne die kerk en dit het my laat wonder hoe tuis kinders en jong gesinne in ons gemeente voel?
In die tyd wat ons op ons jeug en gesinne wil fokus, nooi ons julle as gemeente uit om saam te vra hoe die kerk van môre, vandag se kerk, deur ons beleef? Dalk moet ons selfs vra hoe die kerk lyk wat jongmense in elkeen van ons sê optrede ervaar?
Mag 2019 die begin wees van ‘’n fase waarin ons proaktief ruimtes sal skep vir ons jonger generasies en mag ons seker maak dat daar waar ons ‘’n bank met een van hul deel, of hul nou 10 of 35 is, dat hul Jesus se uitnodiging in ons oë, woorde en optrede beleef.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.