Gebed tydens die afsondering

Gebed tydens die afsondering

NG Kerk Gansbaai

Gebed tydens die afsondering

Here, Drie-Enig, as ons bid

kan ons net by een plek begin en dit is U

want wat U is, vra ons U om vandag en môre en oormôre vir ons te wees:

Skepper, wat getrou is aan dit wat U intiem gevorm het soos ‘n pottebakker klei,

Wewer, wat ons aanmekaargeweef het in die skoot van ons moeder,

Trooster wat ons bemoedig met U stok en staf in die dal van doodskaduwee,

Groen Sipres onder wie ons skuil, met ons rug teen U, veilig en gewortel

Moederhen wat ons roep en wie se vlerke plek het vir almal,

ons weg, ons begin en einde, die een wat saamstap en dra,

ons ma, wat raaksien wat diep in ons harte aangaan,

ons herder en gasheer wat vir ons genoegsaam is,

die balsem wat ons heel maak, liggaam en siel,

ons verlosser wat ons herinner dat die bose, sonde en dood nie die laaste sê het nie maar net die liefde,

wysheid wat ons in die tye van onsekerheid leer sif wat om te lees en wat om nie te lees nie, wie om na te luister en wie om voor doof te wees;

ons vriend wat sy lewe afgelê het sodat ons nou reeds die ewige lewe het wat oorspoel in ons lewens,

wees U wat meer is nog as dit ons genadig en seen ons dorp, land, kontinent, aarde en heelal tot U eer, AMEN

Gebed tydens die afsondering

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai