Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
In ‘n tyd van ballingskap, word ware hoop gebore uit trane van smart en berou. Lyding bring hoop, ‘n nuwe lewe (Rom 5:3-5). Jeremia se stem, is die stem van “suffered hope”.
God se volk bevind hulle op ‘n plek van diepe smart en verwerping (30:14 en 15 Ou Afrikaanse Vertaling). In vers 16 vind daar ‘n wending plaas in die teks. Die woord: “Daarom” is die woord van hoop wat ‘n nuwe lewe inlei... Die God wat gereed gestaan het om sy volk te verlaat, omhels Sy volk in liefde. Hoe is die verandering in God se houding heens Sy volk moontlik? Bruegemann antwoord hierop: “Only grief permits newness”. God se smart oor Sy volk se lot, oor hul sonde en afvalligheid, oor die doodsheid van hulle bestaan, skep ‘n nuwe moontlikheid van lewe.
In Johannes 16 vind ons Jesus se groetboodskap waar Hy in vers 20 sê: “Ek sê vir julle: Julle sal huil en treur maar die wêreld sal bly wees, julle sal hartseer wees, maar julle hartseer sal in blydskap verander”. (Lees ook vers 21 en verder). Jesus se kruisweg bring hartseer en smart, maar ook die hoop op die geboorte van ‘n nuwe lewe.
Die covid 19 pandemie het ons en ons wêreld onherroeplik kom verander. Ons verkeer in ballingskap in ons eie huise en omgewing. Sosiale kontak, daaglikse roetines en gewoontes het tot ‘n einde gekom. Strate en kuierplekke is verlate. Wat doen dit aan ons menswees? (Sosiale pyn/Spirituele pyn).
Ons dink skielik anders oor die mense se vermoë om te beheer, oor die grense van die wetenskap, oor die waarde van groot ekonomië en magtige militêre mag. Magtige leiers wat nog tot nou onlangs, in hulle grootheidswaan, oor hulle gode van mag en kennis gespog het, is gevul met vrees, onsekerheid, magteloosheid en trane. As ‘n medemens treur ons saam oor ons grootheidswaan, oor ons vertroue in selfgemaakte mag, oor ‘n wêreld waar ons ons eie god geword het. Tog is ons donker oomblik terselfdertyd die geboorteplek van ‘n nuwe lewe, ‘n nuwe kyk na onsself en ons wêreld.
Binne die Christelike geloof,is hierdie plek van ‘n nuwe begin, berou. Die Griekse woord hiervoor is penthos, waarvan die engelse woord: penitence, afgelei is. Alan Jones skryf: “Penthos is the word for that which pierces us to the heart,cuts us to the quik, raises us from the dead”. Jones skryf verder: ”Metanoia,or repentance, is that moment when the truth about ourselves and God strikes us, pierces the heart, and makes new life possible”. (Lees en oordink Dawid se skuldbelydenis in Ps 51).
Amen
Here, in ballingskap leer U my nuut sien. Deur ons betraande berouvolle oë begin ons die wêreld, ja, myself, onsself in ‘n ander lig sien.
In U lig, O God!
U laat my my selfgerigte self sien.
Ek is die mens wat ander verwaarloos en vertrap op my soeke na die vervulling van my selfsugtige wense en behoeftes. Ek is die mens wat onreg pleeg en uit hoogmoed diskrimineer. Ek is die mens wat uit oordaad en gierigheid U skepping uitbuit en plunder. Ek is die mens wat niks voel vir die pyn en seer van ander. Ek is die mens wat met geweld neem wat ek met wellus begeer. Ek is die mens wat geweld bewonder bo vrede. Haat en vergelding soek bo vergifnis. Ek is die draer van die kwaad, o, Heilige God. Ek is die mens in sonde se ballingskap.
In my ballingskap trane beleef ek U Kruisliefde soos ‘n stroom van verlossing en goedheid oor my spoel. Op Golgota word ek gebore tot ‘n nuwe lewe.
U laat my my vrygemaakte self sien.
U laat my opnuut ontdek hoe kosbaar is die geskenk van gesin-wees. U gee vir ons die vreemde tyd van inperking om te leer om mekaar weer lief te hê, te waardeer, die ander se unieke menswees te bewonder.
U bevry my tot ‘n lewe van stadiger leef tot behoud van die skoonheid van U skepping.
U bevry my om eenvoud hoër te ag as oordaad en gierigheid.
U bevry my tot ‘n lewe van bewustelik leef as U aangesig.
Here, in ballingskap leer ek U opnuut sien.
Amen
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.