Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Israel het toenemend begin dink hulle besit God. Jahwe is die God wat met liefde aan hulle gebind is. Hulle is God se gunstelingvolk onder al die nasies. God sal hulle nooit kan prysgee nie. Brueggemann praat van Israel se narsistiese lewenshouding.
Israel het, met hierdie Godsverstaan, begin lewe asof hulle weet wat God se wil is. Israel se wil is ook God se wil. God is aan die kant van Israel. Met God aan jou kant sal jy altyd suksevol wees en voorspoed beleef. Bid en God sal jou behoeftes en wense vervul.
In die eerste 24 hoofstukke beskryf Esegiël die tragiese gevolge van Israel se afgodiese denke aangaande Jahwe. Hulle het God se heiligheid oneer aangedoen, onder hulle voete vertrap. Gevolglik eindig Israel in ballingskap. Hulle bereik die nulpunt van hulle bestaan. Hulle is soos droë bene sonder lewensasem en hoop.
Waar sal Israel se hulp vandaan kom? Wie sal Israel uit ballingskap bevry?
In Eseg 36:24-26 sê God: "Ek sal julle tussen die nasies uit wegvat… Ek sal reinigingswater oor julle uitgooi… Ek sal julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee… Ek sal My Gees in julle gee…”. God sal Israel tot hulp kom. Hy sal weer Sy lewensasem in hulle blaas. God sal Israel bevry, maar nie ter wille van Israel nie, nie omdat Israel so spesiaal is nie, nie oor God se liefde vir Israel nie, nie omdat God aan Sy volk verbind is nie, maar alleen ter wille van God se Heiligheid:” Dit is nie ter wille van julle dat Ek optree nie, Israel, maar ter wille van My heilige Naam wat deur julle oneer aangedoen is onder die nasies waar julle gekom het.” (Eseg 36;22)
Israel, soos ons, kan nie God se bevrydende genade afdwing nie. “It is only mercy when it is given freely and when it is receive as freely given” (Brueggemann). Hoop op ‘n nuwe toekoms word gebore uit God se Heiligheid. God die Seun sterf aan die kruis ter wille van die Heilige naam van God die Vader wat ons seën met Sy Gees van lewe. Amen
Word stil by 1 Petrus 1:13-16.
Fokus op die woorde; ”Wees heilig, want ek is heilig”.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.