Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Hierdie gedeelte volg/sluit aan by gister se plasing.
Luister met geloof (2) eks: Ps 139
Gister het ons gehoor dat dit tegelyk ansgwekkend en bevrydend kan wees om te luister met geloof na ons gedagtes,oortuigings en wêreldbeskouing. Wie eerlik na binne kyk,ontdek in onsself ‘n mens vol teenstrydighede, afguns,haat, afhanklikhede en van vele “gesigte”. Waar sal hierdie mens waarlik rus vind? Hoe kan ons weer by onsself tuiskom?
Ps 139 eggo die antwoord: by God wat ons deurgrond met Sy liefde. Ons word aanvaar deur die God wat ons deur en deur ken. Ons kan sonder vrees voor God staan met ons mislukkings, met ons volle menswees: ”True humility allows us to stand as failures before God and feel the love that allows us to learn from our experiences rather than to be crushed by them... the goal is to be dependent on a God whose love sets us free to understand and truly be all that we were intended to become.”(Robert Wicks)
God se liefde bevry ons van ons angs. Ons onversadigbare soeke na sukses en status verander ons in ‘n mens wat leef van kompetisie en onderlinge wedywering. Die vrees vir mislukking, bou die huis van angs waarin ons leef. God se liefde vir ons bevry ons uit hierdie woonplek van angs en onsekerheid. Ons mislukkings kan nie God se liefde vir ons keer nie.
Robert Wick verwys na ‘n opmerking van William Johnston wat vandag se oordenking sinvol opsom: ”The great challenge of the Christian life is to receive love, to open our hearts to the one who knocks, to accept Him into the very depth of our being... authentic human love is God’s love made incarnate”. Amen
Nota. Ek wil die volgende gedig van Chuang Tzu met u deel. Robert Wick haal hierdie gedig aan in sy boek: Living Simply in an Anxious world. Hierdie gedig het betrekking op die gedagte van die dag
When an archer is shooting for nothing he has all his skill.
If he shoots for a brass buckle he is already nervous.
If he shoots for a prize of gold he goes blind.
Or sees two targets.
He is out of his mind!
His skill has not changed.
But the prize divides him. He cares.
He thinks more of winning than of shooting.
And the need to win drains him of power.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.