Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Genesis 2:5 -25
Die Skepper - God het die mens met Sy eie vingers gemaak, Sy eie asem in die mens ingeblaas. So ontstaan daar ‘n intieme verhouding tussen God en mens. Ons verhouding tot God maak dat ek en jy as mens waarde het. Om sinvol mens te wees, om waarlik mens te wees, is om in die eerste plek in God veranker te wees, m.a.w. om sinvol mens te wees is om in verhouding met God te leef.
Volgens Gen 2 is dit egter nie die enigste verhouding waarin die mens staan nie. Volgens verse 8-9 skep God ook ‘n intieme verhouding tussen die mens en die omgewing. Deel van hierdie verhouding met God en die omgewing, is die opdrag om die tuin te bewerk en op te pas. Om sinvol mens te wees, is ook om te arbei, om die skepping wat God aan ons gee te bewerk. Ons verhouding met die skepping is ook ‘n arbeidsverhouding. In vers 18 besluit God om ‘n hulp vir die mens te maak. Eers skep God die diere en so ontwikkel daar nog‘n verhouding, nl. tussen mens en dier . In verse 21-22, skep God die vrou. Toe Adam haar sien sê hy: "been van my been, en vlees van my vlees”. En so ontstaan daar ‘n verhouding tussen Adam en sy medemens.
Die mens is ‘n verhoudingswese. Die mens is waarlik mens as hy in die regte verhouding staan tot God, tot homself, die natuur, arbeid, die diereryk en sy medemens. Maar waarom sal God die mens as ‘n verhoudingswese skape?
God skape ons as verhoudingswesens omdat God self ‘n God van verhoudings is. God Drie Enig staan in verhouding tot Homself. God is ‘n Verhoudingswese: "God’s own life is communial or social in nature” (D Miglior).
Wanneer God die mens skep (Gen 1:26-27), vorm Hy ons na Sy beeld. God skep ‘n verhoudingswese, die mens, vir my en jou. Anders as God, het ons nie gemeenskap in onsself nie. Ons het God, ons naaste, die skepping, ons arbeid nodig om waarlik vervulde mense te wees. Om beeld van God te wees.
Stilword: Word stil en oordink die betekenis en implikasie van hierdie boodskap vir ons lewe vandag. Hoe help hierdie boodskap my om myself en ons wêreld beter te verstaan?
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.