Blog

Oordenking: Tussen Eden en die Nuwe Jerusalem

Oordenking: Tussen Eden en die Nuwe Jerusalem

NG Kerk Gansbaai

Oordenking: Tussen Eden en die Nuwe Jerusalem

Ps 42 en Filippense 3

Die Paradysverhaal vertel van ‘n wêreld waarin die mens as verhoudingswese leef voor die aangesig van God. Dit is ‘n lewe wat die moeite werd is om te leef. Dit is ‘n lewe van vergenoedheid en vervulling. Dit is ‘n wêreld waarin mens en skepping floreer soos die boom van Ps 1 wat op die regte plek geplant is. In  ons verhouding met God, naaste en skepping floreer ons.

Ons het in Genesis 3 gelees hoe hierdie wêreld van floreer, van groen weivelde, verander het in ‘n dal van doodskaduwee (Ps 23), in ‘n land waar daar duisternis is(Jesaja 9:1). Ons het gelees hoe die mens verander het, soek geraak het: "Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: waar is jy?” 

Kyk ons terug oor die geskiedenis, vind ons ‘n soekende mens vol onrus en onvergenoedheid. Die mens tusssen Eden en die Nuwe Jerusalem  is die mens van begeerte. Ons het die mens geword wat nooit vervul  word nie. Ons bly leeg voel. Ons bly rusteloos hunker na meer. Aan die hart van vele literatuur, poësie, kuns, filosofie, psigologie en teologie lê die nadenke oor hierdie begeerte mens. “This desire lies at the center of our lives, in the marrow of our bones, and in the deep recesses of the soul... Desire is the straw that stirs the soul” (R Rolheiser).  

Hierdie rustelose begeerte na vervulling het ons wêreld onherroeplik verander. Ons begeertes se gejaag na rykdom, mag, sukses, status, roem, vooruitgang  en genot het nie vervulling gebring nie. Ons en ons kinders beleef tans hoe die skepping geplunder is tot op die rand van ineenstorting. Wêreld pandemies het deel geword van ons lewe. Die afstand tussen ryk en arm is enorm. Die kloof tussen die maghebbers en die magteloses groei al groter. Ons beleef hoe wanhoop en swaarmoedigheid ons lewe vul. “Some are paralyzed by the thought of the world coming to a full stop... too many of us believe that human lives are and will remain bereft of meaning” (M Volf).

Hoe sal hierdie mens van Gen 3 sy weg vind na die Nuwe Jerusalem? Waarvandaan sal daar vir ons hulp kom? In die geskiedenis van die Christelike geloof, soos verkondig in die Ou Testament, Nuwe Testament  en kerkgeskiedenis, is ons ten diepste nie begeer mense nie, maar verlang mense. Ons verlang, hunker na God self. Begeerte na goed en dinge het die plaasvervanger geword van hierdie diepe verlange na God. Verlang ons hele wese nog na God?

Gedagtes vir nadenke

Augustinus vertel in sy bekende “Augustine Confessions”(Augustinus Belydenisse) van sy lewe van onrus en soeke na God. Wanneer hy sy Belydenisse begin,skryf hy:” Om aan U te dink, roer ons so intens dat ons nie rus voordat ons U loof nie, want U het ons vir U geskep. Ons hart is onrustig in ons totdat dit rus vind in U” (Uit: Augustinus Belyddenissse).   

Paulus skryf: “Al wat ek wens, is om Christus te ken...” (Filippense 3:10a)

Oordenking: Tussen Eden en die Nuwe Jerusalem

Ds Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai