Blog

Pinksterboodskap 25 Mei 2020

Pinksterboodskap 25 Mei 2020

NG Kerk Gansbaai

Pinksterboodskap 25 Mei 2020

Kliek op die skakel om na Dr Barend Vos se stemboodskap te luister.

Pinkster begin vandag onder leiding van Dr Lisel Joubert en Dr Barend Vos. Dit sal daagliks 'n kombinasie wees van 'n geskrewe meditasie wat saam met 'n stemboodskap van Dr Vos hanteer word.

DAG EEN

1. Kies ‘n spesifieke plek waar jy alleen of saam met die res van jou huismense die week gaan stilword met ons Pinksterbeloftes en nadenke. Hierdie plek moet jou elke dag herinner aan jou dors en verlange na die lewende God (Ps 63:2; Ps 42: 2-3). Miskien kan jy ‘n kers daar plaas of selfs ‘n glas water.

2. Luister na die woordboodskap van Ds Barend Vos. As jy klaar is sit ‘n bietjie met wat jy nuut gehoor het, wat tot jou gespreek het. Jy kan dit deel met iemand of as jy alleen is dit neerskryf. Jy kan gerus weer Johannes 14: 15-31 lees.

3. Ons het gehoor ons mag tuiskom by God, dit is wat God vir ons wil. Lees hierdie gedig “Pax” van DH Lawrence (Pax is Latynse woord vir vrede) en word bewus van die gevoel van tuiskom en vrede.

“All that matters is to be at one with the living God
to be a creature in the house of the God of Life.
Like a cat asleep on a chair
at peace, in peace
an at one with the master of the house, with the mistress,
at home, at home in the house of the living,
sleeping on the hearth, and yawning before the fire.
Sleeping on the hearth of the living world
yawning at home before the fire of life
feeling the presence of the living God
like a great reassurance
a deep calm in the heart
a presence
as of the master sitting at the board
in his own and greater being
in the house of life.”

4. Die Heilige Gees laat ons onthou want ons vergeet van een Sondag na die volgende Sondag wie ons in Christus is en hoe groot sy liefde is. Ons herinneringe klee ook ons verwagting vir more in. As ons verkeerd onthou dan praat ons verkeerd oor more. Formuleer na aanleiding van wat jy gehoor het een sin wat verwoord wie God elke dag vir jou IS, begin elke dag met die woorde sodat jy nie vergeet nie.

5. Dank die Heilige Gees vir die onthou-werk in jou lewe en bid vir onthou-wysheid.

Pinksterboodskap 25 Mei 2020

Dr Lisel Joubert en Dr Barend Vos

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai