Seemeeu 2020: God wat swyg

Seemeeu 2020: God wat swyg

NG Kerk Gansbaai

Seemeeu 2020: God wat swyg

Teks: Ps 10, Ps 22

Daar is tye in ons lewe wanneer ons God wil loof en prys met ons hele bestaan. Daar is ook tye wanneer ons sukkel om ‘n loflied of selfs een woord van dank oor ons lippe te kry. Tye wanneer God vir ons onverstaanbaar geword het. Dit gebeur in tye van lyding en onuitspreeklike ellende.

Dit gebeur by die dood van ‘n kind, of ‘n lewensmaat, dit kan gebeur daar waar kanker ‘n geliefde stukkie vir stukkie stroop van  lewe, of dalk  by die koelbloedige moord van ‘n geliefde, of  daar waar armoede verontmenslik, of waar rampe die planeet(bv. Covid-19) tref. Hierdie en vele ander vorme van lyding bring ons by die vraag: Waarom Here, hoekom doen U dit aan ons? Waarom het U my verlaat?, Waarom swyg U? Soos F Deist skryf:” Alles binne-in jou is in verset. Dit vloek in jou. Jou hart is skrynerig van die opstand. Om dan te sê: God maak nie ‘n fout nie - dit kan nie alle mense nie”. Moet ons dan as sterflinge dan ons seer en pyn teenoor God verberg? Of is daar ‘n ander weg?

Die Bybel vertel ons van mense, Sterflike mense soos ons, wat nie hulle seer, hulle pynkrete agter die masker van “sterk-wees”, godsdienstigheid of ontkenning verberg het nie.

In Ps 22 hoor ons die digter bid: My God, my God waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep? My God,ek roep bedags en U antwoord nie, ook snags, maar ek kry geen rus nie

Ps 22 is ‘n innige gebed tot God. Verlossing of bevryding uit die swaar begin alreeds daar waar ‘n mens met vrymoedigheid tot God kan roep: Waarom Here? Die Bybelskrywers skroom nie om na God te vlug met hul eerlike twyfelvrae nie. God hou immers van eerlikheid. Hulle worstel met God as gelowiges en nie as ongelowiges nie. In die tweede helfte van die Psalm vind ‘n wending plaas in die digter se lewe. Hier lees ons hoe die digter onwrikbaar glo in die trou van God.

In Num 11:15 hoor ons hoe Moses se moedeloosheid en ongelukkigheid hom bring op die punt waar hy God in rede val “As U so met my wil maak, kan U my gerus maar om die lewe bring as U my goedgesind is. Hierdie slegte behandeling kan ek nie meer verduur nie”. In Jer 20:14-18 lees ons hoe Jeremia uit diepe swaarkry sy geboortedag vervloek

Ons onthou die verhaal van Job. Job het in die aangesig van lyding met God geworstel. God het nie vir Job verkwalik vir sy harde woorde en vrae nie. God het verstaan dat Job in sy krete en vloek op soek was na die Godsgeheim. Hy het nie voorgegee dat hy alles verstaan van God en lewe nie. Gaan lees Job 42:3-4 hieroor.

Wanneer Jesus aan die kruis hang op Golgota, eensaam en verlaat deur God en die ganse mensdom, dan bid Jesus Ps 22 aan die kruis. My God, My God, waarom het U my verlaat? Op Jesus se waarom vraag, volg ‘n doodse stilte. God die Vader is swygend teenwoordig. As God swyg, praat Hy dikwels op Sy hardste met ons. As dit vir ons voel God staan ver van ons af, dan is Hy juis by ons.   

Die Bybelskrywers help ons om met ons twyfelvrae en worstelinge. Hulle skroom nie om na God vlug met hulle twyfel en vrae nie. Vir hierdie gelowiges is God is nie ‘n abstrakte idee, of ‘n leerstuk of ‘n koue rigiede wet nie. God is ‘n Persoonlike God. ‘n God met wie jy in ‘n intieme verhouding staan. Hulle worstel vind plaas in die ruimte van geloof wat smag om God te verstaan in die aangesig van lyding. Wie nie in God glo nie, wortstel tog nie met God in die aangesig van lyding nie. Daarom vind hierdie worstel, hierdie twyfel gebede plaas binne ‘n verhoudingsruimte en nie buite ‘n verhouding met God om nie. Ons mag maar sê hoe ons voel of soms wil ons ook soos God swyg in die teenwoordigheid van onverklaarbare en sinlose lyding.

Groet sonder woorde.

Laat ons nie praat nie, die tyd is verby. Niemand is kwaad nie en albei is vry.

om kyk  deur die ruite. Die nag staan in blom. Woorde hoort buite, want harsteer is stom.

Lê jou kop hier teen my skouer; laat jou hart sy paaie gaan. Stilweg word ons wys en ouer - eendag sal ons dalk verstaan.

Maar, tot die ryp kraak onder skoene wat geen ander haard of tuiskoms ken gun ek my nog visioene van een wat die hele wêreld wen.

 Jy  hoor my nie meer nie, ek sê maar totsiens, en sal jou nie steur nie; ek loop ongesiens, want jy is in oorde waar drome nog blom. Ek groet sonder woorde want hartseer is stom.

KOOS DU PLESSIS

Seemeeu 2020: God wat swyg

Ds Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai