Seemeeu 2020: Saam met die wêreld

Seemeeu 2020: Saam met die wêreld

NG Kerk Gansbaai

Seemeeu 2020: Saam met die wêreld

Vir elkeen van ons in die vreemde 2020 is daar miskien een woord, gevoel of versugting wat uitstaan bo ander. Dit is asof die woord “solidariteit” gedurig in my eie bewussyn opgekom het. Dit beteken om met ander of saam met ander iets te beleef, of selfs saam met iemand teen iets te staan al is dit nie op daardie moment jou eie belewing nie. Vir die eerste keer in my lewe kon ek op die media sien en lees hoe miljoene mense oor die wêreld geraak word deur dieselfde ontwrigting en vrese. Ouers wat skielik met kinders heeldag by die huis sit, kinders wat alleen moet rou, mense wat alleen moet sterf, die ingehoktheid en die maskers. Skielik het ek iets in gemeen, bo en behalwe my menswees, met iemand in elke kontinent op dieselfde tyd. Miskien is dit die skielike ervaring van solidariteit met ander wat my weer verwonderd gelaat het oor kerkwees, my herinner het dat nie net krisis my aan ander bind nie, maar ook my identiteit in Christus. Dat ook ander smag na die brood en die wyn, die sing en die Woord, die heilige ruimtes en die langs mekaar wees. Dat ook ander dwarsdeur die wêreld gesoek het op ‘n Sondag na ‘n diens en vertroosting op enige vorm van media. In Fillipense 2 skryf Paulus aan die gelowiges dat hulle hom sal verbly as hulle sal wees: “een in liefde, een van gees, een in strewe”. Mag ons tog met meer empatie na mense begin kyk. Omdat ons iets gedeel het wat ontwrigtend was het ons hopelik meer deernis en minder oordeel en bowenal harte vol dankbaarheid.

Seemeeu 2020: Saam met die wêreld

Dr Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai