Seemeeu 2020: SPANNING EN DIE HANTERING DAARVAN IN HIERDIE TYD

Seemeeu 2020: SPANNING EN DIE HANTERING DAARVAN IN HIERDIE TYD

NG Kerk Gansbaai

Seemeeu 2020: SPANNING EN DIE HANTERING DAARVAN IN HIERDIE TYD

Ons lewe het hierdie jaar ‘n koers ingeslaan wat niemand kon voorsien nie. In Gansbaai het dit ook daartoe gelei dat mense wat hul lewensbestaan in die dorp gemaak het, alles verloor het. Ons lewe tans in ‘n dorp waar daar baie emosionele pyn en verlies is. Ons stresvlakke het die hoogte ingeskiet en ons is baie bewus van verbrokkelde verhoudings, dwelmmisbruik en kinders wat onveilig voel.

Hierdie is ons poging om hulp te verskaf. Ons gaan hierdie maand fokus op praktiese maniere om stres en onsekerheid in die gesin te hanteer. Ons moet almal dink aan meer gesonde maniere om die spanning te hanteer. Ons kinders ervaar ook baie onsekerkeid en verlies. Ouers en ander volwassenes se magteloosheid lei soms daartoe dat ons ons onsekerheid en angs op ons kinders uithaal deur hulle te verskree. Die ekstra druk wat ouers het om seker te maak dat hul kinders nie agter raak met hul skoolwerk nie, maak ‘n reeds moeilike situasie nog moeiliker.

Kinders reageer anders as volwassenes op gevoelens wat hul onveilig laat voel. Party word hardkoppiger, ander onttrek en ander gooi tantrums. Volwassenes moet asseblief onthou dat kinders (en baie volwassenes) nie weet hoe om hul gevoelens te verwoord nie. Dit lei dan tot konflik in die gesin waarby niemand baatvind nie.

Kinders kan ook depressief raak. Hier is dan ‘n paar tekens hoe ouers kan sien dat daar emosionele probleme by jou kind is:

VOORSKOOL

  • Skielike verandering in gedrag. Rustige kind word skielik hiperaktief. Besige kind wil skielik net in die kamer bly. Wil nie meer die aktiwiteite doen wat eens lekker was nie.
  • Gereelde klagtes oor maag- en/of hoofpyn.
  • Prikkelbaar - raak gou gefrustreerd en huilerig.
  • Is oormatig klouerig en hou nie daarvan as ouers weggaan nie.
  • Gebrekkige eetlus en slaapprobleme.

LAERSKOOL

  • Verandering in eet- en slaapprobleme
  • Beduidende gewigstoename of gewigsverlies
  • Is bekommerd oor die lewe en waaghouding verswak wat dan tot swak selfbeeld kan aanleiding gee
  • Aggressiewe gedrag sonder dat daar werklike rede voor was.
  • Selfbesering. Ons vind dat ouer kinders soms hulself beseer deur hul arms of bene met iets skerps te sny. Die redenasie is dat die sny vir ‘n rukkie die emosionele pyn wegneem. Ons vind hierdie al by graad 6 en 7 leerders ook.
  • Angstig om skool toe te gaan.
  • Nie lus om skoolwerk te doen nie. Sal liewers iets doen wat hul nie herinner aan dit in die lewe wat nou onlekker is nie.

TIENERS

  • Gee nie om hoe hulle lyk nie. Netjiese kinders raak slordig en traak-my-nie-agtig.
  • Is gedurig moeg en sukkel om te konsentreer.
  • Onttrek van gesin en vriende.
  • Kyk na negatiewe stories op tik tok of ander plekke op selfoon.
  • Oorsensitief wat lei tot oorreaksie op dinge wat in die gesin of tussen vriende gebeur. Aggressiewe of oormatige huilerige uitbarstings.
  • Eet-en slaapppatrone verander.
  • Onwikkel ‘n swak selfbeeld want kan nie sukses ervaar nie en skoolwerk word ‘n nagmerrie.
  • Loop weg van die huis af.
  • Selfbesering. Ons vind dat ouer kinders soms hulself beseer deur hul arms of bene met iets skerps te sny. Die redenasie is dat die sny vir ‘n rukkie die emosionele pyn wegneem.
  • Eksperimenteer met dwelms en drank.
  • Ontwikkel selfdoodgedagtes en/of optrede.

Ons is van opinie dat wanneer gesinne openlik is oor wat in die gesin aangaan - ook finansieël - kinders en tieners dit begryp. Wanneer daar egter ernstige depressieprobleme by‘n kind ontstaan, is dit belangrik om hulp te kry.

Ouers moet ondersteunend wees wanneer kinders en jongmense onveilig voel of depressief is. Onvoorwaardelike liefde, struktuur en vaste dissipline wat aan beginsels gekoppel is, bly maniere wat werk.

Gesinne kan gerus saam probeer om maniere te kry om met die ekstra spanning en stres te werk. Ons kyk nou na wat stres is en hoe ons dit kan hanteer.

Stres is ‘n emosionele en fisieke reaksie op verandering. Almal ervaar stres. Veral in die huidige Grendeltyd waarin niemand eintlik weet wat wanneer gaan gebeur, en hoe lank dit gaan aanhou nie, is Stres iets waarmee ons almal moet rekening hou, en effektiewe maniere vind om dit te hanteer.

(On)gelukkig verskil die reaksies op Stres van mens tot mens. Stres kan positief wees en jou energie gee, of dit kan ongesond wees en gesondheidsprobleme veroorsaak. Om doelwitte en uitdagings te stel, kan ook die broodnodige energie en stres verskaf om jou aan die gang te kry.

Ons wil egter nou klem lê op die negatiewe en afbrekende effekte van Stres, en bietjie dink oor hoe ons dit kan weerstaan. Soos met baie ander dinge, help dit om die tekens van jou “vyand” se teenwoordigheid vroeg raak te sien, sodat jy iets daaraan kan doen.

Die kernbelewenis wat Stres help om oor teneem, is dat dinge buite beheer is.Ek het beheer verloor. Dit “verskyn” dan meestal as die een of ander “fisieke probleem.”

Sommige tekens van ongesonde stres:

  • Voel senuagtig, hartseer of kwaad
  • Vinnige kloppende hart
  • Moeilik asemhaal
  • Sweet
  • Pynlike of stywe spiere in die nek skouers, rug, kakebeen of gesig
  • Hoofpyne
  • Voel moeg of moeite om te slaap
  • Hardlywigheid of maagwerking
  • Omgekrapte maag, gebrek aan eetlus of gewigsverlies

Dis belangrik om jouself te herinner daaraan dat indien jy of jou geliefdes sommige van hierdie simptome beleef, niemand besig is om “mal” teword nie. Dit is die persoon se verstaanbare reaksie op die veranderinge wat om jou plaasvind.

Die basiese teenvoeter teen Stres is om NIE dit wat jy reeds probeer het, en wat Nie gewerk het nie, harder te probeer doen nie. Jy het bv al probeer om te vergeet, stukkie sjokoladekoek te eet, te slaap tot dit verby is, en wie weet watter manier jy al probeer het wat NIE help nie. Die antwoord lê daarin om iets ANDERS  te doen, nie om oneffektiewe oplossings HARDER te probeer nie.

Hier is ‘n paar “gewone” dinge wat elkeen van ons kan doen om Stres onder beheer te hou:

  • Kies as gesin elkeen ‘n gesiggie wat jou gevoel nou uitbeeld. Gesiggies is onderaan artikel. Dit breek die ys en almal weet waar hulle met mekaar staan wat gevoelens aan betref. Dit help ook om oor die gesiggies en die redes vir jou keuse te bespreek. Elkeen moet verantwordelikheid vir eie gevoel aanvaar.
  • Doen iets wat jou laat ontspan, bv diep en stadige asemhaling, strekoefeninge, joga, meditasie, musiekluister, lees of ‘n warm bad.
  • Kry ‘n stokperdjie of iets wat jy geniet.
  • Leer om dinge te aanvaar wat jy nie kan verander nie.
  • Dink positief.
  • Stel perke. Leer om nee te sê. Neem een ding op ‘n slag.
  • Kry 8 ure slaap elke nag.
  • Eet ‘n gesonde dieet wat vrugte, groente proteïene en volgraan produkte insluit. Vermy koffie en suiker.
  • Oefen gereeld. Oefening help stywe spiere om te ontspan, verbeter jou buie en help jou beter slaap.
  • Praat met jou familie en vriende oor jou probleme.
  • Moenie stres probeer hanteer op ongesonde maniere soos ooreet, nie genoeg eet nie, tabak, alkohol of dwelms te gebruik nie.
  • Wanneer Stres vrye teuels kry, verskyn sy goeie vriend Depressie dikwels ook op die toneel. Indien dít  gebeur, kry asb. hulp van ‘n professionele persoon. ‘n Berader kan jou help met stres en probleemhantering. Jou dokter mag dalk medisyne voorskryf om jou te help met Depressie.
Seemeeu 2020: SPANNING EN DIE HANTERING DAARVAN IN HIERDIE TYD

Gys en Lishje Els

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai