Advent 2020: Vierde Sondag

Advent 2020: Vierde Sondag

NG Kerk Gansbaai

Advent 2020: Vierde Sondag

Die vierde Sondag van Advent is die Sondag van Liefde. Liefde is tog die enigste lens waardeur ons die Kersverhaal kan lees. Liefde is die rede dat Jesus Christus, die vleesgeworde Woord, sy tent tussen ons kom opslaan het. Liefde as mag oorwin dood. Het die laaste sê.

Ons word in liefde gebore en in liefde ontvang as ons sterf. Allen Jones skryf: “Love is not normal. It is Gods’ wild card.” Liefde is God se hardkoppige vashou aan ons. Groter as ons vrese, kleingelowigheid, ons ellendes, ons flou verskonings, ons jaloesie, kleinlikheid, groter as siekte en dood, ramp. Liefde troef altyd, Liefde is altyd skaakmat. Die Vlaamse Middeleeuse vrou Hadewijch het geskryf: “Ek sê skaak, U sê mat.”

Iris Murdoch noem hierdie onvoorwaardelike liefde die “never never”: “The point is, one will never get to the end of it, never get to the bottom of it, never, never, never. And never, never, never is what you must take for your shield and your most glorious promise”.

Met Kersfees het ons ‘n tablo in ons kop: ‘n Krip met ‘n baba, Maria, Josef, herders, engele, wyse manne en ‘n groot blink ster. Dit staan alles in teken van die Skepper van die hemel en aarde wat nie vasgeklou het aan sy goddelikheid nie, maar vlees geword het en ons God kom oopbreek het sodat ons kan sien: Ons is die geliefdes.

Advent 2020: Vierde Sondag

Dr Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai