Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Sondag 30 Januarie 2022 is die eerste gesamentlike erediens tussen die NG Kerk Gansbaai en die VG Kerk Blompark sedert 2019 gehou. Die diens is gelei deur Ds Dirk Van Dyk en gehou by VGK. Dit was n baie besonderse geleentheid. Skriflesing was uit Sefanja 3. Die tema wat bespreek is: Die rol van die kerk in die samelewing met subtema: Die eenheid van die gelowiges in diens van getuienis.
Die diens wat plaasgevind het by VGK is deel van die twee gesamentlike dienste per jaar. Hoekom die reëling? Die onderskeie Kerkrade glo dat dit die eenheid tussen die twee gemeentes bevorder met die oog op die getuienis teenoor die wêreld. Reeds sover terug as 2002 het die Algemene Sinode herbevestig dat hy dit as sy Skriftuurlike opdrag aanvaar dat die wesenlike eenheid van die NGKerk familie sigbaar en werksaam gemaak moet word en dat hy die strukturering van die eenheid van die NG Kerk familie as wesenlike deel van die proses sien. Die groter strukturele uitdrukking van die eenheid van die NG Kerk familie is noodsaaklik met die oog op heling, gesamentlike getuienis en effektiewe diens.
Die Algemene Sinode van die VGK het in 1994 reeds verklaar dat dit vir hom die eerste stap is om die eenheid van die hele NGK familie te bewerkstellig en hy met toewyding sal bid en dringend en verlangend sal werk vir die dag wanneer ons almal verenig die lof van die Here sal verkondig.
Die twee Kerkrade het reeds in 2003 besluit om hulle te beywer vir kerkeenheid met die oog op uiteindelike kerkvereniging. Sekere praktiese reëlings is intussen in plek gestel om die eenheid tussen die twee gemeentes te bevorder waarvan die gesamentlike erediens ‘n weselike deel is. Met groot seën kon dit die afgelope jare plaasvind. Mag die diens deur die Here gebruik word as getuienis van ons onderlinge liefde.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.