Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
1. Bewusmaking en Voorkomingsdienste
Projekte,groepe, werkwinkels en praatjies.
2. Vroeë intervensiedienste
Maatskaplike werker en hulpwerker hanteer nuwe aanmeldings. Risiko’s word geïdentifiseer en met ’n holistiese benadering probeer ons dit hanteer en die risiko’s uitskakel. Indien dit nie moontlik is nie moet ons statutêr optree om die kinders te beveilig. Dis waar ons dan gewoonlik kinders in veiligheid plaas en as daar geen moontlikheid is dat kinders terug na die ouers kan gaan nie, word hulle in pleegsorg geplaas.
3. Pleegsorgtoesigdienste
Dienste word gelewer aan pleegkind en pleeggesin. Ons probeer hulle ondersteun in alle opsigte moontlik met die hulpbronne wat tot ons beskikking is. Bv. die kinders het partykeer erg trauma deurgegaan en dan skakel ons hulle in vir terapeutiese dienste en gee ouerleiding aan die pleegouers.
4. Herenigingsdienste
Dienste word beskikbaar gestel aan biologiese ouers of aan die familie van oorsprong om hulle te bemagtig om weer in die posisie te kom waar die kinders teruggeplaas kan word in hulle sorg sodat die gesin of familie weer herenig kan word. Daar word ’n plan opgestel saam met die ouers of familie met doelwitte wat hulle moet bereik in samewerking met die maatskaplike werker.
Om ons gesinne te ondersteun (dis nou ouers en kinders by vroeë intervensiedienste, pleegsorgtoesigdienste en herenigingsdienste) maak ons staat op donasies en skenkings. Hier het ons altyd kos (nie bederfbare kos), klere (veral kinderklere), toiletware en skoonmaakmiddels bitter nodig.
Ons het ook ’n groot behoefte aan vrywilligers om ons te help op elke vlak van dienslewering. Mense wat bereid is om betrokke te raak, wat ons kan help om die “good fight” te veg. Ons kan dit nie op ons eie doen nie. Ons kan nie bestaan sonder die ondersteuning van ons gemeenskap nie.
Ons het ook ’n groot behoefte aan veiligheid en pleegouers. Daar is baie kinders wat sorgbehoewend is, maar die veiligheidshawe in Gansbaai is min. Ons het professionele mense nodig wat hulle dienste aan ons kliënte kan beskikbaar stel. Ons kliënte, ons mense, ons kinders was al deur soveel trauma waardeur hulle moet werk sodat die siklus homself nie weer herhaal nie.
Ons het ook kenners nodig wat betrokke kan raak op ’n meer bestuursvlak wat bereid sal wees om saam met ons planne te maak en wat hulle hande sal vuilmaak om ons te help om die gemeenskap te help, om die kinders te help.
Vir enige navrae kontak asb. ons kantoor op 028 384 0151. Ons is dankbaar vir enige hulp of ondersteuning wat ons gebied word.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.