Seemeeu Desember 2020: Jeug en Kategese 2020
Sondag 15/11/2020 is die kategesejaar afgesluit. Hierdie jaar was op vele terreine moeilik vir ons kinders.
Sondag 15/11/2020 is die kategesejaar afgesluit. Hierdie jaar was op vele terreine moeilik vir ons kinders.
Die donker impak van Covid-19 op talle jongmense word al hoe meer waarneembaar.
Ons het in die vier weke van Advent tog tyd om te reflekteer en onsself af te vra: Waarop wag ek nou eintlik.
Dit is die vreemde heerskappy van God wat ons in die seisoen vier. Die God wie se krag lê in deernis.
Die God wat ons fort is, is die Kryger maar ook die Herder. Hy is die Een wat ons bemoedig ook in die 2020 se Advent, op wie ons vertrou.