Blog

Tuisbloeddrukmonitors is 7 uit 10 keer verkeerd

Tuisbloeddrukmonitors is 7 uit 10 keer verkeerd

Gansbaai Pharmacy

Miljoene ouer mense gebruik tuisbloeddrukmonitors om self hierdie belangrike element van hulle gesondheid dop te hou.’n Nuwe, klein Kanadese studie beweer egter dat hierdie toestelle se lesings die meeste van die tyd verkeerd is en die pasiënte in gevaar kan stel. Dosyne tuismonitors wat deur 85 pasiënte van gemiddeld 66 jaar oud gebruik is, is deur ’n span van die Alberta Universiteit in Calgary getoets. Die navorsers het gevind dat die toestelle ongeveer 70 persent van die tyd nie binne 5 mmHg van bloeddruk akkuraat was nie. Die ondersoekers het bygevoeg dat die toestelle ongeveer 30 persent van die tyd met ten minste 10 mmHg verkeerd was. Sulke onakkuraatheid kan ernstige nagevolge vir mense se gesondheid inhou.

Deur hipertensie (hoë bloeddruk) te moniteer en te behandel, kan die nagevolge van die siekte verminder word. Ons moet seker maak dat tuisbloeddrukmonitors meer akkuraat is. Daar sal dan ’n beter kans wees om hipertensie suksesvol te behandel. Daar is verskeie maniere om die onakkuratelesings van die toestelle te verminder. Eerstens, vergelyk die bloeddrukmeting van die toestel met die bloeddrukmeting van ’n kliniek voordat jy net op die tuisbloeddruklesings staatmaak. Neem ’n paar bloeddrukmetings en baseer dan behandelingsbesluite op hierdie lesings. Pasiënte moenie bloeddrukmedikasies begin neem of verander op grond van een of twee metings wat op ’n spesifieke tydstip nie geneem is nie, behalwe as die metings baie duidelik hoog is.

Tuismonitering kan nog steeds baie nuttig wees, want dit bemagtig pasiënte en gee vir klinici ’n groter prentjie as net een oomblik. Sekere faktore – armbande wat nie pas nie,

pasiënte met spesifieke tipes bloeddruk – saam met onakkurate lesings kan pasiënte oorgerus maak oor hulle bloeddruk.

Hierdie studie is onlangs in die American Journal of Hypertension gepubliseer.

Tuisbloeddrukmonitors is 7 uit 10 keer verkeerd

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

PharmaGo App

PharmaGo App

Get FREE delivery when shopping with Arrie Nel on the PharmaGo App!

Gansbaai Pharmacy
9 Ways to Cut Down on Drinking

9 Ways to Cut Down on Drinking

Whether you're drinking too much or too often, drinking alcohol to excess is a habit that some people want to better control.

Gansbaai Pharmacy
Can Supplements Really Help You?

Can Supplements Really Help You?

While there is ongoing debate over the optimal use of supplements and their effectiveness, and while supplements...

Gansbaai Pharmacy
HOW TO REMOVE A TICK THE RIGHT WAY

HOW TO REMOVE A TICK THE RIGHT WAY

Once a tick crawls on you, it is looking for a safe, warm place to attach.

Gansbaai Pharmacy
Voedsel wat met artritissimptome kan help

Voedsel wat met artritissimptome kan help

Jy kan help om die inflammasie van rumatoïede artritis te verminder deur gesonde voedselkeuses te maak.

Gansbaai Pharmacy
Wat is Downsindroom?

Wat is Downsindroom?

Downsindroom is ’n toestand wat voorkom as ’n mens ’n ekstra chromosoom het.

Gansbaai Pharmacy