Blog

Hierdie aanvullings kan dalk help vir siektes wat sig beroof

Hierdie aanvullings kan dalk help vir siektes wat sig beroof

Gansbaai Pharmacy

’n Nuwe studie dui daarop dat ’n goedkoop toonbankantioksidant/sinkaanvulling wat kan help om sig by ouer mense te beskerm, ook koste-effektief is. Die medikasie is die “Age-Related Eye Disease Study (AREDS)”- aanvulling gedoop.

Die hoofnavorser van die nuwe studie sê sy span het gevind AREDS was baie koste-effektief vir die behandeling van ouderdom verwante makulêre degenerasie, spesifiek by mense wat aktiewe, nat, ouderdom-verwante makulêre degenerasie in een oog en droë ouderdom-verwante makulêre degenerasie in die ander oog het. Die studie is in die oftalmologiedepartement by die Washington Universiteit in Seattle uitgevoer.

Makulêre degenerasie is ’n progressiewe siekte wat ’n groot oorsaak van sigverlies onder ouer Amerikaners is. Die nuwe studie dui daarop dat die AREDS-aanvullings die behoefte aan duurder behandeling vir die “nat” vorm van die siekte kan vertraag.

Volgens die Amerikaanse Makulêre Degenerasie-stigting (AMDF) veroorsaak ouderdom-verwante makulêre degenerasie skade aan die makula - ’n klein kolletjie naby die middel van die retina. Dit is die deel van die oog wat benodig word vir skerp, sentrale sig. Sig kan met verloop van tyd onduidelik word en pasiënte kan op die ou einde hulle sig verloor.

Die twee basiese tipes makulêre degenerasie word nat en droog genoem. Ongeveer 10 persent tot 15 persent van die gevalle van makulêre degenerasie is die nat tipe.

Die vorige AREDS-studie het aangedui dat die aanvullings, wat anti-oksidant vitamiene met sink en koper kombineer, goedkoop en effektief is om die progressie van ouderdom-verwante makulêre degenerasie te vertraag. Die AREDS-studie het die gevolgtrekking gemaak dat ’n daaglikse aanvulling wat ’n hoë dosis anti-oksidante en sink bevat die risiko om nat ouderdom-verwante makulêre degenerasie te kry, verlaag en ook die progressie vertraag.

Die navorsingspan het na twee formules van beskikbare aanvullings gekyk. Formule 1 bevat hoë dosisse vitamien C en E, betakaroteen, sink en koper. Formule 2 bevat luteïen en seaxantien, in plaas van betakaroteen. Die navorsers het gevind dat beide samestellings koste-effektief was om pasiënte in die vroeë stadium van die siekte te behandel, maar dit was selfs meer koste-effektief vir dié wat die siekte slegs in een oog het.

Die studie is op 23 Aug. in die British Journal of Ophthalmology gepubliseer.

Hierdie aanvullings kan dalk help vir siektes wat sig beroof

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

PharmaGo App

PharmaGo App

Get FREE delivery when shopping with Arrie Nel on the PharmaGo App!

Gansbaai Pharmacy
9 Ways to Cut Down on Drinking

9 Ways to Cut Down on Drinking

Whether you're drinking too much or too often, drinking alcohol to excess is a habit that some people want to better control.

Gansbaai Pharmacy
Can Supplements Really Help You?

Can Supplements Really Help You?

While there is ongoing debate over the optimal use of supplements and their effectiveness, and while supplements...

Gansbaai Pharmacy
HOW TO REMOVE A TICK THE RIGHT WAY

HOW TO REMOVE A TICK THE RIGHT WAY

Once a tick crawls on you, it is looking for a safe, warm place to attach.

Gansbaai Pharmacy
Voedsel wat met artritissimptome kan help

Voedsel wat met artritissimptome kan help

Jy kan help om die inflammasie van rumatoïede artritis te verminder deur gesonde voedselkeuses te maak.

Gansbaai Pharmacy
Wat is Downsindroom?

Wat is Downsindroom?

Downsindroom is ’n toestand wat voorkom as ’n mens ’n ekstra chromosoom het.

Gansbaai Pharmacy