Blog

Hoe ver trek jou nies?

Hoe ver trek jou nies?

Gansbaai Pharmacy

’n Hewige nies trek baie verder as net tot by die persoon wat langs jou sit. Erger nog - ’n nies het die potensiaal om in die lug te bly hang en ’n luggedraagde siekte te veroorsaak.

Wanneer iemand hewig nies of hoes, stel hy ’n gaswolk vol vloeistof of druppeltjies vry. Vorige wetenskaplike bevindings dui daarop dat klein druppeltjies nie so ver trek soos groot druppels (wat ook tydens ’n nies vrygestel word) nie, aangesien ’n groter druppel beteken dat daar meer momentum is. Dit is egter nie wat navorsers bevind het nie.

Hulle het bevind dat klein druppeltjies tot 200 keer verder as groter druppels trek (dink sentimeter teenoor meter) - en hulle kan onbepaald in die lug bly sweef. Sou hierdie druppeltjies byvoorbeeld naby ’n lugversorger sweef, kan dit van gebou tot gebou trek.

Jy kan siek word sonder dat jy noodwendig met die gasheer in aanraking kom. Alle niese is egter nie eenders nie. Selfs wanneer jy uitasem, stel jy ’n gaswolk klein druppeltjies vry. Die probleem kom voor wanneer daardie gas patogene van ’n virus - of bakteriële infeksie bevat.

Wanneer jy siek is, onthou om jou mond en neus met ’n snesie te bedek. Geen snesie nie? Nies of hoes in die krom-
ming van jou elmboog, nie in jou hande nie. Wanneer jy in jou elmboog nies, kan jy die wolk opbreek en die aantal druppeltjies verdeel sodat hulle nie so ver trek nie.

Hoe ver trek jou nies?

Gansbaai Apteek Personeel

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

PharmaGo App

PharmaGo App

Get FREE delivery when shopping with Arrie Nel on the PharmaGo App!

Gansbaai Pharmacy
9 Ways to Cut Down on Drinking

9 Ways to Cut Down on Drinking

Whether you're drinking too much or too often, drinking alcohol to excess is a habit that some people want to better control.

Gansbaai Pharmacy
Can Supplements Really Help You?

Can Supplements Really Help You?

While there is ongoing debate over the optimal use of supplements and their effectiveness, and while supplements...

Gansbaai Pharmacy
HOW TO REMOVE A TICK THE RIGHT WAY

HOW TO REMOVE A TICK THE RIGHT WAY

Once a tick crawls on you, it is looking for a safe, warm place to attach.

Gansbaai Pharmacy
Voedsel wat met artritissimptome kan help

Voedsel wat met artritissimptome kan help

Jy kan help om die inflammasie van rumatoïede artritis te verminder deur gesonde voedselkeuses te maak.

Gansbaai Pharmacy
Wat is Downsindroom?

Wat is Downsindroom?

Downsindroom is ’n toestand wat voorkom as ’n mens ’n ekstra chromosoom het.

Gansbaai Pharmacy