Blog

Hoe Griep Werklik Versprei

Hoe Griep Werklik Versprei

Gansbaai Pharmacy

Mense wat griep het, kan dit verprei bloot deur asem te haal - dit is nie nodig om te hoes of te nies nie. Hierdie nuus kom van ’n studie wat toon dat druppels met die aansteeklike virus wat deur mense met griep in die lug uitgeasem word, vir minute en selfs ure lank daar bly hang. Navorsers aan die Universiteit van Maryland het vrywilligers van universiteitsouderdom met griep gewerf om in ’n laboratorium- toestel in- en uit te asem sodat die bestanddele van hulle asem gemeet kon word. Sommige van die deeltjies wat hulle uitgeasem het, was groot en vol van die griepvirus, wat op omliggende oppervlakke geval het.

Buite die laboratorium sal die beweging van hierdie deeltjies dit maklik maak vir gesonde mense om dit in te kry en griep te ontwikkel. Kleiner deeltjies was ’n selfs groter risiko - die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer en Voorkoming (CDC) beweer dat dit in die lug kan bly hang en met ongeveer 2 meter kan versprei, sodat dit potensieel in die mond of neus van die mense daar naby kan beland en in die longe ingeasem kan word. Die CDC dui ook aan dat daar ’n groter waarskynlikheid is dat jy op hierdie manier griep sal opdoen as wanneer jy raak aan ’n oppervlak wat met die griepvirus besmet is en dan aan jou mond of neus raak. Daar is ook ’n groter kans dat jy die griepvirus sal inasem in gims of ander toe vertrekke met toegewasemde vensters - ’n teken dat lugruiling onvoldoende is en aansteeklike deeltjies toelaat om daar te bly.

Hierdie nuwe bevindings maak dit nog belangriker om algemene voorsorgmaatreëls te tref om te voorkom dat jy griep kry of dit versprei: was jou hande dikwels, vermy kontak met mense wat griep het, hou jou hande weg van jou gesig en oë, en as jy siek is, bly tuis, drink genoeg vloeistof en kry baie rus.

Hoe Griep Werklik Versprei

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

PharmaGo App

PharmaGo App

Get FREE delivery when shopping with Arrie Nel on the PharmaGo App!

Gansbaai Pharmacy
9 Ways to Cut Down on Drinking

9 Ways to Cut Down on Drinking

Whether you're drinking too much or too often, drinking alcohol to excess is a habit that some people want to better control.

Gansbaai Pharmacy
Can Supplements Really Help You?

Can Supplements Really Help You?

While there is ongoing debate over the optimal use of supplements and their effectiveness, and while supplements...

Gansbaai Pharmacy
HOW TO REMOVE A TICK THE RIGHT WAY

HOW TO REMOVE A TICK THE RIGHT WAY

Once a tick crawls on you, it is looking for a safe, warm place to attach.

Gansbaai Pharmacy
Voedsel wat met artritissimptome kan help

Voedsel wat met artritissimptome kan help

Jy kan help om die inflammasie van rumatoïede artritis te verminder deur gesonde voedselkeuses te maak.

Gansbaai Pharmacy
Wat is Downsindroom?

Wat is Downsindroom?

Downsindroom is ’n toestand wat voorkom as ’n mens ’n ekstra chromosoom het.

Gansbaai Pharmacy