Blog

Vier stappe vir gesonder naels

Vier stappe vir gesonder naels

Gansbaai Pharmacy

Goeie naelsorg is belangrik, maar dit is moontlik om dit te oordoen. As jy jou naels elke dag knip, kan jy stres oor die hele nael veroorsaak. Met verloop van tyd kan dit die nael se vorm verander en selfs tot toestande soos ingroeitoonnaels lei. Dis doodreg om jou naels met ’n knipper of skêr te knip, maar nie meer as een keer elke week of twee nie. Vingernaels moet die vorm van jou vingerpunte volg - reguit aan die bokant en effens gerond aan die kante. Knip jou toonnaels reguit aan die bokant gelyk met die boonste vlak van die toon. Vyl slegs in een rigting om jou naels sterk te hou.

Hier is ander naelsorgwenke:

  • Hou jou naels skoon en droog wanneer moontlik.
  • Bevogtig jou naels en kutikels met handeroom.
  • Naellak bied ’n mate van beskerming, maar moenie naellakverwyderaar meer as twee keer per maand gebruik nie.
  • Vermy lang blootstelling aan water wanneer jy bad en huisskoon-maak.
  • Beskerm naels teen sterk chemiese stowwe deur rubberhand-skoene met ’n katoenvoering te dra wanneer jy skoonmaak.

Dit is ook belangrik om jou naels gereeld te ondersoek vir waarskuwingstekens van probleme. Tekens om voor op die uitkyk te wees, sluit in:

  • Verkleuring van die hele nael of ’n donker streep onder ’n nael.
  • Enige verandering in vorm.
  • Enige verandering in dikte – dunner of dikker.
  • Skeiding van die nael van die omliggende vel of naelbed.
  • Bloeding, rooiheid, swelling of pyn om die naels..
Vier stappe vir gesonder naels

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

PharmaGo App

PharmaGo App

Get FREE delivery when shopping with Arrie Nel on the PharmaGo App!

Gansbaai Pharmacy
9 Ways to Cut Down on Drinking

9 Ways to Cut Down on Drinking

Whether you're drinking too much or too often, drinking alcohol to excess is a habit that some people want to better control.

Gansbaai Pharmacy
Can Supplements Really Help You?

Can Supplements Really Help You?

While there is ongoing debate over the optimal use of supplements and their effectiveness, and while supplements...

Gansbaai Pharmacy
HOW TO REMOVE A TICK THE RIGHT WAY

HOW TO REMOVE A TICK THE RIGHT WAY

Once a tick crawls on you, it is looking for a safe, warm place to attach.

Gansbaai Pharmacy
Voedsel wat met artritissimptome kan help

Voedsel wat met artritissimptome kan help

Jy kan help om die inflammasie van rumatoïede artritis te verminder deur gesonde voedselkeuses te maak.

Gansbaai Pharmacy
Wat is Downsindroom?

Wat is Downsindroom?

Downsindroom is ’n toestand wat voorkom as ’n mens ’n ekstra chromosoom het.

Gansbaai Pharmacy