Blog

Beheer jou cholesterol - beskerm jouself teen ’n hartaanval en ’n beroerte

Beheer jou cholesterol - beskerm jouself teen ’n hartaanval en ’n beroerte

Gansbaai Pharmacy

Het jy al jou cholesterol laat nagaan? Hoë vlakke van ’n spesifieke tipe cholesterol word met hartsiekte en beroerte geassosieer.

Cholesterol is ’n wasagtige, vetterige stof wat jou liggaam nodig het om behoorlik te funksioneer. Dit beweeg deur jou bloedstroom om die selle wat dit benodig, te bereik. Jou selle gebruik cholesterol vir talle belangrike funksies, soos om hormone te maak en vetterige kos te verteer. Te veel cholesterol in jou bloed kan egter ’n wasagtige aanpaksel (plaak) in die bloedvate veroorsaak. Hierdie plaak kan op die ou einde ontsteek en bars, en dit kan lei tot ’n klont. Indien ’n klont die bloedtoevoer in ’n arterie na die hart afsny, kan dit ’n hartaanval veroorsaak. Of, indien dit in die arterie in die brein gebeur, kan dit ’n beroerte veroorsaak.

Laedigtheid-lipoproteïene, of LDL’s, dra tot plaak by. LDL-cholesterol word soms “slegte” cholesterol genoem. Die algemeenste oorsaak van hoë LDL-cholesterol is ’n ongesonde leefstyl. Oormatige liggaamsvet en die inname van te veel dierevette word aan hoë vlakke LDL- cholesterol gekoppel. Hoë cholesterol kan ook deur die gene wat jy by jou ouers geërf het, ander mediese toestande en sekere medisyne veroorsaak word.

Vir sommige mense is leefstylveranderinge nie genoeg om LDL-cholesterol te verlaag nie. Jou biologiese samestelling kan ook ’n groot invloed op cholesterolaanpaksel hê. In hierdie geval is ’n middel bekend as statien die normale behandeling. Onthou dat hart-gesonde leefstylveranderinge nie net die cholesterol verlaag nie, maar ook baie langtermyn- gesondheidsvoordele inhou.

Kontak Gansbaai Pharmacy vandag vir meer inligting.

Beheer jou cholesterol - beskerm jouself teen ’n hartaanval en ’n beroerte

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

PharmaGo App

PharmaGo App

Get FREE delivery when shopping with Arrie Nel on the PharmaGo App!

Gansbaai Pharmacy
9 Ways to Cut Down on Drinking

9 Ways to Cut Down on Drinking

Whether you're drinking too much or too often, drinking alcohol to excess is a habit that some people want to better control.

Gansbaai Pharmacy
Can Supplements Really Help You?

Can Supplements Really Help You?

While there is ongoing debate over the optimal use of supplements and their effectiveness, and while supplements...

Gansbaai Pharmacy
HOW TO REMOVE A TICK THE RIGHT WAY

HOW TO REMOVE A TICK THE RIGHT WAY

Once a tick crawls on you, it is looking for a safe, warm place to attach.

Gansbaai Pharmacy
Voedsel wat met artritissimptome kan help

Voedsel wat met artritissimptome kan help

Jy kan help om die inflammasie van rumatoïede artritis te verminder deur gesonde voedselkeuses te maak.

Gansbaai Pharmacy
Wat is Downsindroom?

Wat is Downsindroom?

Downsindroom is ’n toestand wat voorkom as ’n mens ’n ekstra chromosoom het.

Gansbaai Pharmacy