Blog

Is neute goed vir die geheue?

Is neute goed vir die geheue?

Gansbaai Pharmacy

Is neute goed vir die geheue?

’n Studie van die Universiteit van Suid-Australië het getoon dat die eet van neute verband hou met beter denke en geheue onder Chinese volwassenes van 55 jaar en ouer.  Die studie, wat 4 822 deelnemers gehad het, het gevind dat deelnemers wat meer as 10 gram neute per dag geëet het (gelykstaande aan twee teelepels) se kognitiewe funksie met tot 60% kon verbeter vergeleke met dié van studiedeelnemers wat nie neute geëet het nie. Die studieleier het gesê dat data wat oor 22 jaar ingesamel is, getoon het dat 17% van die deelnemers aan die China-gesondheidsvoedingopgawe gereeld neute geëet het - meestal grondboontjies - wat spesifieke anti-inflammatoriese en antioksidantuitwerkings het wat kognitiewe agteruitgang kan verlig en verminder.

Grondboontjies is egter peulgewasse, nie regtig neute nie. Hierdie is nie die eerste studie wat bewys het dat neute ’n voor delige uitwerking het nie. In ’n studie deur UCLA het navorsers gevind dat ’n kwart koppie okkerneute daagliks gekoppel kan word aan verlaagde risiko vir depressie. Hulle het berig dat meer as 26 000 Amerikaanse volwassenes op ’n vraelys gereageer het oor wat hulle oor twee dae geëet het, asook hoe gereeld hulle depressiesimptome ervaar het, soos dat hulle sukkel om te slaap of te veel slaap, belang verloor om goed te doen, moeg voel, min energie het en probleme het om te konsentreer. Ontleding van die terugvoer het gewys dat depressietellings 26% laer was by mense wat gesê het hulle het okkerneute geëet, en 8% laer was by diegene wat ander neute geëet het (vergeleke met mense wat gesê het hulle het geen neute geëet nie).

Onlangse navorsing uit Singapoer dui verder daarop dat meer as twee porsies sampioene weekliks die risiko vir geringe kognitiewe agteruitgang met 52% kan verminder, terwyl een tot twee porsies dit met 43% kan verminder.’n Porsie is gedefinieer as ’n driekwart koppie gaar sampioene.

Hierdie resultate kom uit ’n ses jaar lange studie waarby meer as 600 Chinese bejaardes in Singapoer deelgeneem het. Navorsers het elke deelnemer se kognitiewe funksie getoets en onderhoude en ondersoeke gebruik om hulle mediese geskiedenis en dieetgewoontes vas te stel. Die sampioene wat geëet is, het vars, gaar goue oestersampioene, shitake en wit dwergsampioene, asook gedroogde en geblikte sampioene ingesluit, maar die navorsers het gesê dat ander tipes ook heelwaarskynlik ’n voordelige uitwerking sal hê.

Bron: The journal of nutrition, health & aging, Februarie 2019

Is neute goed vir die geheue?

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

PharmaGo App

PharmaGo App

Get FREE delivery when shopping with Arrie Nel on the PharmaGo App!

Gansbaai Pharmacy
9 Ways to Cut Down on Drinking

9 Ways to Cut Down on Drinking

Whether you're drinking too much or too often, drinking alcohol to excess is a habit that some people want to better control.

Gansbaai Pharmacy
Can Supplements Really Help You?

Can Supplements Really Help You?

While there is ongoing debate over the optimal use of supplements and their effectiveness, and while supplements...

Gansbaai Pharmacy
HOW TO REMOVE A TICK THE RIGHT WAY

HOW TO REMOVE A TICK THE RIGHT WAY

Once a tick crawls on you, it is looking for a safe, warm place to attach.

Gansbaai Pharmacy
Voedsel wat met artritissimptome kan help

Voedsel wat met artritissimptome kan help

Jy kan help om die inflammasie van rumatoïede artritis te verminder deur gesonde voedselkeuses te maak.

Gansbaai Pharmacy
Wat is Downsindroom?

Wat is Downsindroom?

Downsindroom is ’n toestand wat voorkom as ’n mens ’n ekstra chromosoom het.

Gansbaai Pharmacy