Positiewe Leer En Gebalanseerde Ontwikkeling

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonlike beste te bereik, in die klaskamer sowel as op die veld. Laerskool Gansbaai het ‘n pragtige sportterrein wat insluit tennis- en netbalbane, asook ‘n rugbyveld waar gereelde sportbyeenkomste gehou word. Die onderwysers, ouers en leerders van Laerskool Gansbaai is baie trots op hul gemeenskap en bied ondersteuning en leiding waar nodig. Om ekstra inkomste te genereer, bied Laerskool Gansbaai 'n funksie lokaal in 'n verwelkomende omgewing vir kinderpartytjies en klein tot mediumgrootte funksies.

Contact Details

  • Primary number Click Here
  • Email Click Here

Info

  • Operating Times Click Here
  • Address Click Here
  • Payment Methods Click Here
  • Cards Accepted Click Here
  • Currencies Accepted Click Here

Business Information

Oor Ons
Image

Oor Ons

Laerskool Gansbaai is in 1906 deur Mnr Gerhard van Niekerk Schonken gestig. Schonken, wat destyds as 'n goed gereisde persoon beskou is, het die jeug stories van sy avonture begin vertel en later basiese lesse in lees, spraak en wiskunde bygevoeg. 

Laerskool Gansbaai - Beheerligaam (2024 - 2027)
  • Jean-Pierre Coetzer (Voorsitter)
Image 1
  • Asanti Smit (Onder-Voorsitter)
Image 1
  • Maryke de Villiers (Tesourier)
Image 1
  • Jannes Coetzee
Image 1
  • Nel Schrecker
Image 1

Bogenoemde lede vorm die ouerkomponent van die beheerliggaam, met die volgende personeel vanuit die opvoeders- en nie-opvoederskomponent:

  • Devin Sauls (Skoolhoof)
  • Alana Louw (Departementshoof, GF)
  • Jean-Maré van Eck (Departementshoof, ISF)
  • Annette Wessels (Sekretaresse)
Ons Missie

Om elke leerder se unieke talente te ontgin en te ontwikkel. Ons bied 'n omvattende onderwysprogram wat akademiese uitnemendheid bevorder, kulturele waardering kweek, en fisiese ontwikkeling aanmoedig. 

Met 'n toewyding aan professionele onderrig en die gebruik van moderne tegnologie, berei ons leerders voor vir 'n blink en suksesvolle toekoms.

Personeel

Personeel

Die personeel by Laerskool Gansbaai sluit in:

Skoolhoof
  • Mr Devin Sauls
Departementshoofde
  • Alana Louw - Grondslagfase
  • Jean-Maré van Eck - Intermediêre en Senior Fase
Sekretaresses
  • Annette Wessels
  • Elna le Roux
Onderwyspersoneel
  • Gr R.1 - Estie Goosen
  • Gr R.2 - Michelle Van Heerden
  • Gr 1.1 - Alana Louw
  • Gr 1.2 - Jolinda Avenant 
  • Gr 2.1 - Lyndri Kotze
  • Gr 2.2 - Elsebet Long
  • Gr 3.1 - Jolandi Oosthuizen
  • Gr 3.2 - Carina Brown
  • Gr 4.1 - Christine Haxton
  • Gr 4.2 - Dawie van Graan
  • Gr 5.1 - Mario Leemans
  • Gr 5.2 - Helene Hulme
  • Gr 6.1 - Lisa-Mari Germishuys
  • Gr 6.2 - Ankia Leemans
  • Gr 7.1 - Jolette Bezuidenhout
  • Gr 7.2 - Jean-Maré van Eck
Addissionele Onderwyspersoneel
  • Nicole Jantjies (fasiliteerder)
  • Liz Verreynne  (remediëring)
  • Niveena Jantjies - (intern / grondslagfase) 
  • Adriaan Hage - (intern / intermedere en senior fases)
Steunpersoneel
  • Bertie le Roux (faktotum)
  • Kenny Marthinus (assistent)
  • Rose Ngcabashe (assistent)
  • Athenkosi Tuwani - (assistent)
Image 1

Mr Devin Sauls Waarnemend Skoolhoof (bo links) en Jean-Maré van Eck Waarnemende Intersenfase Departementshoof (onder regs)

Image 2
Onderwyspersoneel
Image 1

Sekretaresses

Image 2

Steunpersoneel

Akademie

Akademie

Laerskool Gansbaai bied die volgende vakke aan:

  • Afrikaans Huistaal
  • English 1st Additional Language
  • Wiskunde
  • Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis en Aardryskunde)
  • Natuurwetenskap
  • Tegnologie
  • Ekonomiese Bestuurswetenskappe 
  • Kuns en Kultuur
  • Lewensoriëntering 
Image 1
Image 2
Sport

Sport

Laerskool Gansbaai bied 'n wye verskeidenheid sportkodes aan, insluitend:

Sportkodes (Skoolgebaseerde)
  • Atletiek
  • Landloop
  • Rugby
  • Krieket
  • Tennis
  • Skaak
  • Netbal
Sportkodes (Privaat)
  • RSD Rugby
  • NSD Netbal
  • Hokkie
  • Monkeynastix

Kulturele Aktiwiteite

Kulturele Aktiwiteite

Laerskool Gansbaai bied 'n wye verskeidenheid skoolgebaseerde en privaat kulturele aktiwiteite, insluitend:

Image

Kulturele Aktiwiteite (Skoolgebaseerd)

  • Junior Koor (Gr R - 3)
  • Senior Koor (Gr 4 - 7)
  • Eisteddfod
  • Biblioteek

Kulturele Aktiwiteite (Privaat)

Ons leerders neem aan 'n wye verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite deel, insluitend Helen O’Grady Drama Academy en Poco Musica.
Funksie Lokaal

Funksie Lokaal

Op soek na die perfekte funksie lokaal in Gansbaai vir jou volgende spesiale geleentheid? 

Laerskool Gansbaai bied n funksie lokaal in 'n verwelkomende omgewing vir kinderpartytjies en klein tot mediumgrootte funksies.

  • Koste: R1,000 (plus ‘n terugbetaalbare deposito van R1,000)
Kinderpartytjies
  • Eie versierings en verversings
Klein Intieme Byeenkomste
  • Perfek vir troues, verjaarsdae, en korporatiewe geleenthede 
  • Saalkapasiteit: 60 - 80 mense 
  • Sluit eetgerei en glase in 
  • Eie versierings en verversings

Geriewe:

  • Saal
  • Buite-area 
  • Speelpark 
  • Toilette 
  • Veilige Parkering

Skoollied

Skoollied

Die Klotsend’ klank van branders,
roep ons na ou Gansbaaistrand.
En aan sy skool word ons gebind,
deur sterke liefdesband.
Ons Alma Mater staan steeds saam,
deur dik en dun ons man.
In werk en speel is onse leus’:
“Ons wil, ons sal, ons kan!”
Ons roem ons dierbaar skool,
waar ons ook rond mag dool.
Hou hoog, hou hoog sy ereboog,
staan saam vir sy groot naam!
Resensies

Resensies

“Laerskool Gansbaai is ‘n goeie skool. Ek is baie trots om ‘n Gansie mamma te wees. Wel gedaan Laerskool Gansbaai en personeel!”  Jolandie Fourie
“I highly recommend this school, both academically and in sports.”  Gansbaai Academy of Chess
“Laerskool Gansbaai is a great school. They go out of their way to help.”  Shane Sefton
“Awesome skool! Ons is nuut hier. Ons seun is nou Gr7 en baie gelukkig in die skool. Laerskool Gansbaai, dankie vir jul goeie werk.”  Manie Veldman
“Laerskool Gansbaai is die beste skool met die beste onderwysers!”  Sonja Walker

Gallery

Map

Nearby Places

Blog Posts