Leerders Blink Uit by Nasionale Skaakkampioenskappe

Leerders Blink Uit by Nasionale Skaakkampioenskappe

Laerskool Gansbaai

image left

Leerders Blink Uit by Nasionale Skaakkampioenskappe

Agt leerders van Laerskool Gansbaai, wat gekies is vir die Wes-Kaapse skaakspan het vanaf 14 tot 19 Desember aan die Mzansi Interprovinsiale Skaakkampioenskappe in Polokwane deelgeneem. 

Die 0/8-span het goud verower (Rossouw Coetzer en Lihan Lourens van Laerskool Gansbaai was in dié span). Die 0/12-meisiespan het goud verower (Anneke du Preez van Laerskool Gansbaai was in dié span). Die 0/12-seunsspan het brons verower (Hanro Coetzer en Heinrich Buhr van Laerskool Gansbaai was in dié span). Die 0/14-meisiespan het ook goud verower (Luandi van der Linde, Danielle Stevens en Alet du Preez van Laerskool Gansbaai was in dié span). Wes-Kaap was die wenners van die toernooi met 6 goud, 1 silwer en 6 brons medaljes.

Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het. Ons is trots op julle. Danielle Stevens het 3de plek, Hanro Coetzer 9de plek, Anneke du Preez 10de plek, Luandi van der Linde 10de plek en Rossouw Coetzer 9de plek elkeen in hul onderskeie ouderdomgroepe behaal.

Leerders Blink Uit by Nasionale Skaakkampioenskappe

Laerskool Gansbaai

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

GRAAD 2 | ONS PRAGTIGE LAND

GRAAD 2 | ONS PRAGTIGE LAND

Die afgelope twee weke het ons Graad 2-Gansies meer geleer oor ons pragtige land, Suid-Afrika! 

Laerskool Gansbaai
Baie geluk, Daniël!

Baie geluk, Daniël!

Daniël de Villiers het van Vrydag tot Sondag aan die TSA Winelands Lentetoernooi in Somerset-Wes en Stellenbosch deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
Ondersteun die Overberg Toy Run!

Ondersteun die Overberg Toy Run!

Laerskool Gansbaai en Harbour on Deck slaan hande saam vir die Overberg Toy Run! 

Laerskool Gansbaai
Lia en die Diamond Dancers skitter!

Lia en die Diamond Dancers skitter!

Baie geluk aan die hele Diamond Dancers-span!

Laerskool Gansbaai
’N BOODSKAP AAN ALLE OUD-GANSIES!

’N BOODSKAP AAN ALLE OUD-GANSIES!

Help ons om ’n stukkie geskiedenis vir die toekoms te bewaar!

Laerskool Gansbaai
120 JAAR VAN GLORIE - KONSERT 2026

120 JAAR VAN GLORIE - KONSERT 2026

Kom vier saam met LAERSKOOL GANSBAAI ons ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, tradisie en egte Gansie-trots!

Laerskool Gansbaai