INTERSKOLE 2026
Wat ’n GANSIE-oorwinning!
Vandag het ons skaakspelers geskiedenis gemaak, met ons eerste skaak Interskole teen Laerskool De Villiers Graaff. Groot opgewondenheid het onder die 60 skaakspelers geheers. Laerskool Gansbaai se skaakspanne ken beslis hulle skuiwe as daar gekompeteer word.
Tydens vandag se Interskole het ons skaakspanne hul staal gewys en die skaak Interskole gewen!
Uitslae was as volg:
• Juniors wen 8½ - ½
• Seniors wen 14 - 6

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreLaerskool Gansbaai vier in 2026 ’n ongelooflike 120 jaar van geskiedenis, groei en gemeenskap!
'n Groepie van Laerskool Gansbaai se senior koorlede het ons harte van trots laat swel by Sondag se Kalfiefees.
Trots op hierdie twee Gansies wat so oor naweke met hul talente woeker!!
Baie sterkte, ons hou duimvas en weet julle gaan ons trots maak!